(Jwplayer)

September 18, 2015

#ATTACK: Young students & teachers were attacked & assaulted by a black gang who obtained illegal access to a Pietersburg Afrikaner Primary School


One black attacker wearing a T-shirt with the African National Congress (ANC) -embleem and a whistle, was telling white people:  
" You whites are done in this country "



AANVAL BY PLAASLIKE SKOOL WEK KOMMER

Die veiligheid van Polokwane-leerders is onder die soeklig na ‘n beweerde voorval gister (Donderdag) by ‘n plaaslike laerskool waartydens jong leerders en leerkragte vermoedelik aangerand is toe ‘n groep vermeende jeugdige aanvallers glo wederregtelik toegang tot die perseel verkry het.
Die hoof het die voorval bevestig en aangedui dat hy egter eers teen vanmiddag, nadat hy met die skool se beheerraad vergader het, inligting beskikbaar kan stel.
‘n Bekommerde ouer het Polokwane Observer ingelig dat leerders toegetakel is toe die groep van meer as 15 lede na bewering eers by ‘n badkamer en toe in klasse ingestorm het.
Wat die meeste indruk gemaak het was ‘n vermeende aanvaller geklee in ‘n T-hemp met die African National Congress (ANC)-embleem en ‘n fluitjie, het die bron gesê. Een van die aanvallers sou glo verklaar het “Julle wittes is klaar in hierdie land”.
Beweringe dat dieselfde groep wat Woensdagaand protes by die parlementêre woonkompleks aangeteken het oor omstandighede by Luthuli Park Combined School met die voorval verbind kan word, is met Luthuli Park Combined School se beheerliggaamvoorsitter, Clifford Mohloana opgeneem.
Mohloana het ontken dat enigiemand by die skool in Polokwane aangerand is, maar daarop gewys dat leerders die perseel betree het om by die klasse aan te sluit omdat hulle nie klasse by hul huidige skool het nie. Indien die LUR vir Onderwys, Ishmael Kgetjepe nie vandag hul probleme oplos nie sal hulle hul na ander skole wend, het hy benadruk. “Ons probeer skole vind waarna Kgetjepe omsien.”
Die woordvoerder van die department van onderwys, Naledzani Rasila, sê die voorval word as ‘n kriminele insident beskou en sal deeglik ondersoek word. Volgens hom word die voorval verbind met dieselfde groep geaffilieer met Luthuli Park Combined School wat verantwoordelik was vir protesaksie by die parlementêre woonkompleks Woensdagaand.
Die department het sy sekuriteit-, risiko– en skoolveiligheidsafdeling versoek om Luthuli Park Combined School vandag te besoek om agter die kap van die byl te kom en daarna sal hulle ouers van die skool oor die pad vorentoe toespreek, het hy gesê.
Die polisie was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
http://www.observer.co.za/aanval-by-plaaslike-skool-wek-kommer/

#ATTACK