(Jwplayer)

September 18, 2015

#ATTACK: Danie Kirsten (50) brutally attacked & stabbed with a knife by 2 black attackers. No arrests made


Man by Santos met messe toegetakel

Man by Santos met messe toegetakel
Die slagoffer is ook in sy rug gesteek.
MOSSELBAAI NUUS - 'n Inwoner van Mosselbaai, Danie Kirsten (50), is onlangs op 'n Sondagoggend by Santosstrand deur twee mans met messe aangeval. Kirsten het die betrokke oggend om 05:15 gaan stap en het sy beursie en selfoon by hom gehad.
Hy vertel: "Ek het by die trappe afgestap in die rigting van die treinrestaurant, na die strand se kant toe. Terwyl ek oor die parkering geloop het, het ek skielik 'n geraas agter my gehoor. Toe ek omkyk het daar twee mans, wat met messe gewapen was, agter my gestaan.
"Hulle het my begin aanval en ek het na die korter verdagte se mes probeer gryp. Alles het baie vinnig gebeur en hulle het aangehou om my te steek. Ek het geval, waarna hulle my op my regterhand geskop het sodat ek my selfoon moes los. Ek het dit gelos en die mans het dit gegryp en daarmee weggehardloop."
'n Voertuig wat die twee verdagtes sien weghardloop het, het Kirsten te hulp gesnel en die ambulansdienste ontbied. Hy is in die Mosselbaai Provinsiale Hospitaal opgeneem en vir verskeie meswonde behandel.
Die woordvoerder van die Mosselbaai SAPD, ao Pieter Koekemoer waarsku inwoners om nie in die donker te stap nie.
"Moet jou ook nie teësit wanneer jy wel gekonfronteer word om jou besittings te oorhandig nie."
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die saak word deur kst Heini Rhode ondersoek. Kontak hom by 044 606 2850/51.
 
Die aanvallers het Danie Kirsten verskeie kere met messe toegetakel en ook in sy nek gewond.  
http://www.mosselbayadvertiser.com/news/News/General/147295/Man-by-Santos-met-messe-toegetakel#!prettyPhoto


#ATTACK