(Jwplayer)

September 23, 2015

#FarmMurder: (White) Farmers are becoming increasingly desperate as a result of all the attacks and farm murders....(at the hands of blacks)


Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA

Dit is ál hoe moeiliker om boere tot kalmte te maan oor die geweld wat nou met plaasaanvalle gepaard gaan, sê mnr. Johannes Möller.
“Te midde van toenemende landelike misdaad en spesifiek plaasaanvalle, vind ek dit toenemend moeilik om boere tot kalmte te maan en om nie onverantwoordelik op te tree nie,” sê mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA.

“Daar sal duidelike strategieë en ooreengekome optrede gevestig moet word, want dié geweld kan nie langer geduld word nie. Ons benodig nou doeltreffende misdaadintelligensie wat kan lei tot voorkomende optrede in die bekamping van plaasaanvalle”, sê Möller in ‘n nuusverklaring.

Agri SA het gereageer op verskeie plaasaanvalle die afgelope week wat reg oor die land voorgekom het en Möller sê “dat die misdaad die beeld van die land ernstig skaad en dat dit nie net met polisie optrede voorkom kan word nie, maar dat ‘n langtermyn verandering in die waardesisteem van die bevolking nodig is”.

Die boerderygemeenskap moet kan staat maak op doeltreffende sigbare polisiëring om kriminele aktiwiteite in die landelike gebied pro-aktief te bekamp.

Volgens Möller moet die boerderygemeenskap egter steeds met die polisie saamwerk en hulle organiseer in plaaswagstelsels, in te skakel by plaaslike beveiligingstrukture en hulle eie paraatheid op te skerp deur beskermingsmaatreëls toe te pas, soos:
* Goeie omheinings om wonings op te rig.
* Veiligheidshekke en diefwering aan te bring.
* ‘n Funksionerende alarmstelsel te installeer.
* Deure gesluit te hou en nie in die nag uit te gaan om ondersoek in te stel sonder die ondersteuning van ‘n buurman.
* Goeie werksverhoudinge met werkers te handhaaf en ook om te sien na hulle veiligheid.
* Oop die uitkyk te wees vir verdagte persone en gebeure in die omgewing.
* Die effektiewe toepassing van die plaastoegangprotokol.

Möller sê geen beskermingsmaatreëls is ‘n waarborg dat ‘n plaasaanval nie sal plaasvind nie, maar dit kan ‘n aanval vertraag en bemoeilik en inwoners die geleentheid gee om alarm te maak. Benewens die opskerping van eie paraatheid, noodsaak huidige omstandighede die effektiewe inwerkingstelling van die Landelike Beveiligingstrategie asook Reservistestelsel op plaaslike vlak.

Möller sê “goeie kommunikasie tussen die boerderygemeenskap en plaaslike polisie kan ‘n rol speel om pro-aktiewe inligting te versprei en misdaad te help voorkom. Daarom is dit belangrik dat reaksiebeplanning saam met die plaaslike polisie gedoen word, sodat slagoffers weet wat hulle te doen staan, totdat die polisie opdaag”. http://landbou.com/nuus/plaasaanvalle-moelik-om-boere-kalm-te-hou-agri-sa/

#StopWhiteGenocideInSA