(Jwplayer)

September 28, 2015

#ATTACK: Woman (60's) attacked & stabbed with a screwdriver this morning at about 5:30 at her home in Rooikransie street in Herold's Bay

GEORGE NUUSFLITS - Die voorsitter van die Heroldsbaai Buurtwag, Werner Gerber, het bevestig dat 'n vrou vanoggend omstreeks 05:30 by haar huis in Rooikransiestraat in Heroldsbaai aangeval is en met 'n skroewedraaier gesteek is.
 
Volgens Gerber, skat hy die vrou in haar sestigs.
 
"Die polisie wat op die toneel was sal met meer inligting kan help. Ons verneem dat die vrou met 'n skroewedraai in haar voorarm gesteek is," het Gerber gesê.
 
Daar was vanoggend glo ook ander voorvalle in die area. Wasgoed is van 'n draad by 'n huis in Gangestraat gesteel en bokse met huishoudelike items is in Voëlklipstraat gesteel.
 
Die polisie het die voorval bevestig maar het nog geen inligting bekendgemaak nie.
 
Meer inligting volg sodra dit beskikbaar is
http://www.georgeherald.com/news/News/General/148017/Vrou-met-skroewedraaier-aangeval

#ATTACK