(Jwplayer)

September 28, 2015

#ATTACK: Elderly Thorne couple attacked in their Heatherlands home on Heritage day by 3 armed black attackers

GEORGE NUUSFLITS  - ‘n Egpaar van Heatherlands is verlede Donderdagoggend – op Erfenisdag – deur drie gewapende rowers met balaklawas in hul slaapkamer verras.
 
Mariëtta (75) en Jack Thorne (84) was vas aan die slaap in hul woonhuis in Ploverstraat, toe hulle om 02:00 wakker word en in die mans vaskyk. Mariëtta het die mans gesmeek om hulle nie seer te maak nie.
 
Die egpaar is sowat twee jaar gelede in hul vorige huis in Die Vleie naby Wilderness ook deur inbrekers oorval. Jack het maande geneem om te herstel van die vorige aanval waartydens sy borsbeen gekraak is en Mariëtta is toe ook ernstig aangerand.
 
Op Mariëtta se pleidooi tydens die aanval verlede Donderdagoggend het twee van die mans hulle vingers voor hulle monde gehou om te wys sy moet stilbly. Die egpaar is vasgebind met onder meer gordyntoue en vir twee ure in hul slaapkamer gelos.
 
Die rowers het kontant en verskeie elektroniese apparate, waaronder selfone en ‘n rekenaar, gebuit.
 
Een van hul voertuie, 'n Volvo, is ook gesteel, maar teruggevind. 
 
‘n Navraag oor die voorval is na die polisie gestuur.
http://www.georgeherald.com/news.aspx?id=147995&h=Gewapende-roof-in-Heatherlands

#ATTACK