(Jwplayer)

September 14, 2015

#ATTACK: Stellenbosch student, Kristy Leigh Davidson (21) attacked in her apartment, strangled & stabbed with a screwdriver on Friday


Kristy Leigh Davidson (21).

Stellenbosch Student Aangeval in Haar Woonstel


Kristy Leigh Davidson (21) ʼn student van Stellenbosch in die Wes-Kaap is erg getraumatiseer nadat sy Vrydagaand in haar woonstel oorval, gewurg en met ʼn skroewedraaier gesteek is.
Kristy ʼn student in bemarking aan die IMM Graduate School of Marketing, het omstreeks 18:15 die aand teruggekeer na haar woonstel in ʼn blok waar meestal studente bly. Sy het net die voordeur van haar woonstel toegemaak toe sy ʼn klop aan die deur hoor. Kristy het gedink dit is een van haar vriende wat kom hallo sê, aar toe sy die deur oopmaak het ʼn onbekende man die deur oopgestamp en haar in die woonstel ingestamp. 
Die aanvaller het Kristy glo twee keer met ʼn skroewedraaier gesteek en haar gewurg totdat sy haar bewussyn verloor het. Hy het daarna alles uit die woonstel gesteel wat enigsins van waarde was. ʼn Jong paartjie wat ook in die woonstelblok bly, het Kristy hoor skree en het dadelik die polisie gebel. Die aanvaller is slegs ʼn blok of twee van die woonstelle af aangekee. Die aanvaller het vermoedelik toegang tot die perseel verkry deur kougom oor die hek se sensor te plaas om te verhoed dat dit toegaan. Hy het vermoedelik ʼn geruime tyd in die kompleks rondgeloop voordat hy gesien het hoe Kristy by die huis aankom en die geleentheid gebruik het om haar te oorval.
Volgens konstabel Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, is ʼn 30-jarige verdagte in hegtenis geneem en sal op 22 September in die hof sal verskyn 
http://bmarksa.org/nuus/stellenbosch-student-aangeval-in-haar-woonstel/



Also read:

  2 September 2015:

DOUBLE MURDER? 2 students shot dead execution-style. NOTHING ROBBED

2 students shot dead execution-style in illegal student-hostel Vanderbijlpark - apparently nothing robbed? 






www.censorbugbear.org › reports › view
»FARMITRACKER · Login. Email ... 10:45 Sep 1 2015 Stellenbosch University, Stellenbosch, 7600, South Africa.




#ATTACK