(Jwplayer)

September 14, 2015

#FarmAttack Update: farmer's child, Jethro Wakefield (32) shot in the chest during Toitskraal farm attack. NOTHING ROBBED!

Clark family were attacked by 6 armed black attackers on a farm in Toitskraal, Marble Hall area. The black attackers fired 7 shots, the family’s child, Jethro Wakefield (32) was shot in chest. Both dogs were also poisoned. One dog died.
"They didn't came to robbed us they came to kill us all on the farm" ~Charmaine Clark (52) 










AANVALLERS SKIET SEUN
‘Ergste tien minute van ons lewens’
Ses mans het Donderdag, 3 September, ’n jong man in sy huis in die Toitskraal area in ’n stoeigeveg, tydens ’n plaasaanval, geskiet.
Volgens me. Charmaine Clark (52), het sy om 01:13 wakker geword van ’n vreemde geluid.
Toe sy die deur van die slaapkamer oopmaak, was dit eggter weer doodstil. Na ’n ruk het sy weer die geluid gehoor, die alarm afgeskakel en deur die sitkamer geloer na die toegeboude stoep, waar sy ’n man met ’n donkerblou klapmus gevang het, waar hy ’n venster probeer oopforseer.
“Ek het dadelik begin skreeu vir my man, Chris (45), en seun Jethro Wakefield (32), dat daar ’n man besig is om by ons huis in te breek.
Die oomblik toe Chris my hoor skreeu, het hy ’n ander rower opgemerk, wat sy arm deur die veiligheidstralies gedruk het en ’n vuurwapen op hom gerig het. Die man het op Chris geskiet, hom gelukkig gemis, en die 9mm koeël het in die muur vasgeslaan,” sê me. Clark.
Beide mnr. Clark en Jethro, het na die toegeboude stope gehardloop waar die venster reeds deur die ander booswig oopgebreek is.
Vier ander mans het opgedaag met ’n groot boutsnyer, en begin om die diefwering oop te breek.
Mnr. Clark en Jethro het na die verdagtes geslaan, om te verhoed dat hulle die woning betree.
Mnr. Clark, het mnr. Lukas Terblanche en Marble Hall SOS gekontak, terwyl mnr. Wakefield hulp gevra het by mnr. Kobus Malan.
“Ek het die paniekknoppie gedruk, maar seker nie lank genoeg nie, ek was so bang,” sê me. Clark.
Daar was altesaam ses mans, een met ’n grys klapmus, vyf met donkerblou klapmusse en een sonder enige vermomming.
Die verdagtes het die veiligheidstralies na buite oopgebruig, maar mnr. Clark het dit gegryp en terug getrek.
“Drie van die mans het vuurwapens gehad, en vier skote is afgevuur. Nòg een het afgegaan en my seun in die bors getref. Die sewende skoot was weer mis. Die aanval was binne tien minute verby, maar dit was die ergste tien minute van ons lewe,” sê me. Clark.
Mnr. Terblanche en mnr. Malan, en twintig ander boere uit die omgewing het kort hierna by die plaas opgedaag. Die verdagtes het twee-twee in verskillende rigtings gevlug.
“Beide ons honde is vergiftig, Simba was reeds omtrent twee ure dood en die ander een, Scar, is na die veearts geneem vir behandeling,” sê me. Clark.
Mnr. Wakefield is per ambulans na Philladelphia Hopsitaal geneem, die koeël is wonderbaarlik regdeur, en het hy net steke ontvang. Hy het gewier om oornag in die hospitaal te bly.
“Die verskriklike ding is, hulle het nie net gekom om te steel nie, hulle het gekom om dood te maak. Hulle het met opset geskiet,” sê me. Clark.
Geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie.
Me. Clark bedank graag vir mnr. Terblanche, mnr. Malan, Marble Hall SOS, en die ander boere wat bystand verleen het.
https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=716036155195057&id=161878013944210&ref=bookmarks

Also read:


#FarmAttack: Family attacked by 6 black attackers on a farm near Marble Hall. Farmers child wounded



#FarmAttack