(Jwplayer)

September 21, 2015

ANOTHER #Murder ? Human remains found in the Hartbeespoort Dam area near Brits might be Afrikaner man, Johann C Claassen (61) missing since 15 January 2012

Human remains found in Magaliesberg mountain range in the Hartbeespoort Dam area near Brits in North West might be Afrikaner man, Johann C Claassen (61) missing since 15 January 2012

Vermiste man se oorskot dalk gevind

ʼn Menslike skedel en beendere is in die Magaliesbergreeks in die Hartbeespoortdam-gebied naby Brits in Noordwes gevind. “Daar was klein gebruikte sakkies langs die skedel met ʼn selfoon en motorsleutel daarin,”  het  ao Mpeile Talane, woordvoerder van die  polisie  in  Brits,  gesê.  “Sowat  twee  meter verder was daar ʼn langbroek  met ʼn beursie in een van die sakke en ʼn Australiese rybewys.” Een van die werknemers van ʼn maatskappy wat daar naby geleë is,  het  Saterdag  die  skedel  ontdek.  

 “Die  polisie  is  na  die  toneel  ontbied  en die beendere word ondersoek om die korrekte identiteit te bepaal.” Talane  het gesê ʼn vermistepersone-saak is in 2012 by Hartbeespoortdam-polisiestasie oopgemaak nadat Johann C Claassen (61) verdwyn het. “Hy het Australiese en Suid-Afrikaanse burgerskap gehad en het glo by sy broer in Suid-Afrika gekuier toe hy op 15 Januarie 2012 verdwyn het. Die soektog is afgelas nadat die polisie hom ná ʼn lang soektog nie kon opspoor nie.” Hy het gesê dit is nog nie bevestig dat die oorskot wel Claassen is nie. “Die ondersoek duur voort en die polisie  probeer die identiteit  bevestig.”
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/vermiste-man-se-oorskot-dalk-gevind/

■ SKEDEL VAN PROF. GEVIND NABY HARTBEESPOORTDAM



Prof. Chris Claassens.

#MissingUpdate #Murder #MISSING