(Jwplayer)

September 21, 2015

#FarmAttack: Update: Photo: Bullen Couple brutally assaulted & tortured with a hot iron by 5-7 black attackers on their Badfontein farm





Die gewapende aanvallers het die egpaar vasgemaak en erg aangerand. Hulle het daarna ook die vrou met ʼn strykyster op haar liggaam en in haar gesig gebrand.
Berig deur Mariné Jacobs. ʼn Egpaar is Vrydag op ʼn plaas in die Badfontein- omgewing buite Lydenburg, Mpumalanga, oorval, wreed aangerand en die vrou met ʼn warm strykyster gebrand. Kol. Leonard Hlati, woordvoerder van die polisie, het gesê twee verdagtes is Maandagoggend in verband met die aanval in hegtenis geneem en nog inhegtenisnemings word verwag. Alan (57) en Estelle (58) Bullen is Vrydag omstreeks 19:00 op hul plaas Doornhoek deur sewe gewapende mans oorval. Die aanvallers het die egpaar vasgemaak en erg aangerand. Hulle het ook vir Estelle met ʼn strykyster op haar liggaam en in haar gesig gebrand. Volgens Hlati het die aanvallers daarna op die vlug geslaan met drie jaggewere, ʼn haelgeweer en R20 000 kontant. “Die bure het die polisie na die toneel ontbied en die slagoffers is in die Mediclinic Nelspruit-hospitaal opgeneem,” het Hlati gesê. Elmarie Janse van Rensburg, ʼn goeie vriendin van die egpaar, het aan Maroela Media gesê Alan is Sondag uit die hospitaal ontslaan. “Hy het nog baie seer en veral baie pyn in sy gesig waar hulle hom geslaan het,” het sy gesê. Estelle is steeds in die hospitaal waar sy vir haar brandwonde behandel word. “Hulle het gister [Sondag] die wonde in die teater geskraap en spoel elke uur die wonde met soutwater af. Sy gebruik sterk pynmedikasie, maar is nie onder verdowing nie,” het Janse van Rensburg gesê. Sy het gesê die egpaar woon al ongeveer 30 jaar op die plaas en dit is die eerste keer dat so iets gebeur. “Hulle is albei baie veiligheidsbewus en hou altyd alles gesluit. Maar hulle is albei positief en fokus nou net op hul herstel. Alan het klaar weer Sondagaand by die huis geslaap en sy dogter is by hom,” het sy gesê. Intussen het ʼn jong paartjie, onderskeidelik 27 en 24 jaar oud, byna dieselfde lot te beurt geval toe hulle Vrydagaand deur drie verdagtes op ʼn plaas, toevallig ook met die naam Doornhoek, in die Pelgrimsrus-omgewing, oorval is. Hlati het gesê die paartjie was besig om rugby te kyk toe die gewapende aanvallers deur ʼn agterdeur toegang tot die huis verkry het. Die aanvallers het glo handskoene en balaklawas gedra. “Hulle het die man en vrou met kabelbinders en kettings vasgebind, en geld en vuurwapens geëis,” het Hlati gesê. “Volgens inligting het hulle ook probeer om die slagoffers met ʼn strykyster te brand, maar die strykyster wou nie werk nie. Die verdagtes het vuurwapens op die paartjie gerig en hulle aangerand.” Volgens Hlati is die aanvallers daar weg met die man se VW Golf, ʼn haelgeweer, twee jaggewere, twee selfone, juweliersware en klere. “Die motor is Sondag verlate naby Hazyview gevind,” het Hlati gesê. Hlati kon nie die slagoffers se name of die aard van hul beserings bevestig nie.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/egpaar-wreed-aangerand-gebrand-op-mpumalanga-plaas/

ALSO READ:

■ #FarmAttack: Badfontein: Bullen Couple attacked by 5-7 black attackers. Both severely assaulted. The woman was also tortured with a hot iron. No arrests made


 #FarmAttack & #FarmMurder: Updated list: 4 People MURDERED in 5 FARM ATTACKS this weekend in South Africa

#FarmAttack