The political party that controls a country, controls the media, and subsequently, they control the minds of the masses. . .
(Jwplayer)
November 12, 2015
DOUBLE #MURDER: UPDATE: Father Speaks Out After Daughter's Brutal Murder
Carolize Muller Woensdag saam met haar grootouers, Fanie en Elsa Muller
Pa bid vir kalmte ná moord op dogter (43)
HY was woedend oor die koelbloedige moord op sy dogter en haar vriend, maar Fanie Muller het kalmte en wysheid van die Here gevra om sy kleindogter te kon onder‐steun.“Ek het die Here vir kalmte, wysheid en verstand gevra sodat ek die meisie die regteraad kon gee,” het hy Woensdag gesê.
Sy kleindogter, Carolize Muller (12), is Woensdag uit die Leslie Williams- privatehospitaal tussen Fochville en Carletonville ontslaan.Haar ma, Elsabé (43), en dié se vriend, Jaco van Eeden (48), is Saterdagaand voor diemeisie in ’n mislukte kaping in die oprit na hul huis in Fochville doodgeskiet. ’n Koeël het die meisie in haar bene getref.Die oupa het gesê sy kleindogter se bene voel nog styf en is effens seer, maar onderdie omstandighede gaan dit goed met haar.Toe die meisie Woensdag by haar huis aankom, het sy aan haar oupa gesê sy weet sygaan nooit weer haar ma se stem in die huis hoor nie.“Ek het aan haar gesê haar ma kyk vir haar. Sy (Elsabé) het ’n groot glimlag op haargesig (omdat haar kind so dapper is),” het Muller gesê.Die meisie, ’n leerling aan die Laerskool Fochville, het besluit om vir eers in Fochvil‐le te bly.“Hier is al haar
vriende,” het Muller, wat in Brits woon,
gesê.Voogde is aan die meisie toegewys, maar hulle wil om veiligheidsredes anoniem bly.Hulle het wel gesê hulle gaan haar met “groot oop arms van liefde” ontvang.
Die meisie het nie kontak met haar pa nie.Muller het gesê die polisie en ’n veiligheidsmaatskappy het Woensdag die straatvoor die huis waar die treurspel hom afgespeel het, gepatrolleer nadat inwoners gesêhet hulle het die oggend ’n
verdagte voertuig daar sien ry.Dit was glo
dieselfde silwer BMW waarin die kapers die aand van die moorde geryhet.Muller het
Woensdag gesê niemand is al in hegtenis
geneem nie. Hy het Dinsdag sydogter se lyk in die lykhuis in Fochville uitgeken.Haar lyf was
volgens hom vol kneusplekke soos sy baklei het, maar op haar gesig hethy “rustigheid
bespeur”.Hy meen sy dogter het in haar laaste oomblikke rustigheid van God ontvang.Oor die moord op sy dogter en haar vriend het Muller
gesê: “Dit is ontsettend hart‐seer.”Van Eeden se broer, Arno van Perth, Australië, en suster, Marié Rademeyer van Bloemfontein, het gesê as
iemand weens natuurlik oorsake sterf, kan jy met hul doodvrede maak, maar wat met hul broer en dié se vriendin gebeur het, is
“onaanvaarbaar”. Arno het na Suid-Afrika gereis toe hy oor sy broer se dood ingelig is.Van Eeden was volgens sy familie baie lief vir die natuur en diere. Hy het daarvangehou om grappies te maak en het hom oor ander ontferm.Elsabé was volgens haar pa ’n opgewekte mens wat baie vriende gehad het. “Almalhet van haar gehou.” Haar roudiens is Vrydag om 10:00 in die
Evangelies-Gereformeer‐de kerk Fochville.Van Eeden se roudiens is Vrydag om 11:00 in die
Volle Evangeliekerk in Adamay‐view, Klerksdorp.
http://bmarksa.org/nuus/fochville-aanval-pa-biddend-vir-kalmte-na-aanval/
ALSO READ:
■ DOUBLE #MURDER: Afrikaner couple were shot dead in front of daughter (12)
#StopWhiteGenocideInSA