(Jwplayer)

July 5, 2016

#FarmAttack: Afrikaner family living in fear after being ambushed & shot by 3 armed black attackers on their Pretoria smallholding

GENOCIDE VICTIMS: Survived but injured: Jaco Botma (26), his wife, Michelle (25), (and their five-year old girl not in this photo)
The Afrikaner family were ambushed when arriving home by 3 armed black attackers. Jaco was shot in the leg. The family managed to drive away to call for help. The attackers fled on foot empty handed!
#StopWhiteGenocideInSA

Gesin  leef  in  vrees  ná  aanval op Ptakleinhoewe:

ʼn Gesin leef in vrees nadat drie gewapende mans hulle Sondagaand by hul  huurhuis op ʼn kleinhoewe in Centurion ingewag en aangeval het. Jaco  Botma (26), sy vrou, Michelle (25), en hul vyfjarige dogtertjie  het ná ʼn rustige dag omstreeks 20:00 teruggekeer na die huis wat hulle die afgelope  jaar  en  ʼn half in die Mnandi-omgewing huur. “Ek  het in my bakkie stilgehou en was op pad om my dogtertjie op te tel wat op die sitplek geslaap het. Michelle  was op pad na die deur toe sy drie mans gesien het wat ons buite die huis ingewag het,” het Botma Dinsdag aan Maroela Media gesê. Hy het gesê die mans was in swart geklee en het swart musse gedra. Hulle is nie aan die egpaar bekend nie.  Die  mans was met stokke, ʼn mes en ʼn 9 mm-pistool gewapen. “My vrou het vinnig reageer en my gewaarsku. Ons albei kon net betyds terugspring in die bakkie en die deure sluit  voor  die mans by ons was. Hulle het die bakkie met hul wapens begin slaan en van die vensters gebreek.  Een van hulle het my deur die deur op my been geskiet voor ek met die bakkie kon wegjaag en hulp  ontbied.  Binne 15 minute het die plek gewemel met voertuie en ambulanse.” Die aanvallers  het  met leë hande te voet gevlug. Botma moes mediese behandeling ontvang vir ʼn skraapwond waar die koeël hom getref het en waar glas en skrapnel hom gesny het. Sy vrou is ongedeerd. Hul dogtertjie moes berading ontvang. “Sy  praat nog van die aanval en herhaal wat die mans geskreeu het. Ons gaan probeer om so gou moontlik uit  te  trek.  My jonger broer en sy verloofde bly ook op die kleinhoewe in ʼn aparte huis en hulle voel ook nie  veilig  nie.” Botma is oortuig die aanvallers was daar om hulle leed aan te doen en nie om hulle te beroof nie.
“Ek  is  so dankbaar vir die beskermende hand wat oor ons was en dat my gesin veilig en ongeskonde is,” het  hy gesê. Die polisie  ondersoek twee sake van poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis  geneem nie.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/fotos-gesin-leef-in-vrees-na-aanval-op-pta-kleinhoewe/

#StopWhiteGenocideInSA