(Jwplayer)

July 5, 2016

#ATTACK: Horrific injuries suffered by a Afrikaner man when he was attacked by blacks & beaten on the head with a blunt object until he lost consciousness

GENOCIDE VICTIM: Gideon van Eeden (27)
#StopWhiteGenocideInSA
Nog ’n Bloemfonteiner aangeval, beroof....dit het gebeur kort voordat dr. Magteld Smith, Vrydag by Sewe Damme deur ’n man met ’n mes aangeval is toe sy met haar worshonde gaan stap het.

“Ek is geskok en getraumatiseer. Maar my toegeswelde oog begin weer oopgaan, my lyf voel al beter en die hoofpyne en naarheid begin wyk,” sê ’n inwoner van die Rosestad, wat einde verlede week ook ’n slagoffer van ’n gru-aanval was waartydens hy bewusteloos geslaan en toe beroof is.

Hierna is Gideon van Eeden (27) in ’n yskoue waterstroom gelos.

Dié sweiser van beroep, wat elke dag bykans 32 km werk toe en terug loop, is Donderdagaand van agter aangeval nadat hy geld by die kitsbank by die Shell-vulstasie by die N8-ingang na die stad onttrek het. Hy is met ’n stomp voorwerp oor die kop geslaan totdat hy sy bewussyn verloor het, waarna hy van R1 500, sy identiteitsboek, bankkaart en selfoon beroof is.
Later het ek in ’n yskoue waterstroom wakker geword.

Van Eeden kan nie presies onthou hoe lank dit was nadat hy die geld getrek het dat hy oor die kop geslaan en beroof is nie.

“Al wat ek onthou, is dat ek na my huis in Ferreira begin loop het nadat ek die geld getrek het. Later het ek in ’n yskoue waterstroom wakker geword.”

Hy sê hy het erge pyn gehad en sy klere en hande was vol bloed.

“Ek het uit die water opgestaan en in die koue oggendure na die naaste polisiekantoor by Central Park geloop, waar ek weer my bewussyn verloor het.

“Toe ek weer bykom, was die dokter in die Pelonomi-hospitaal besig om die wonde aan my kop met 12 steke te heg. Ek weet nie of die polisie my na die hospitaal gebring het en of ek per ambulans vervoer is nie.”

Van Eeden sê sy ma, Hester le Roux, is dieselfde oggend om 03:00 by die huis gebel om hom te kom haal.

“My ma was in daardie stadium baie bekommerd omdat ek nog nie tuis was nie.”

http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/nog-n-bloemfonteiner-aangeval-beroof-20160705
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1431229443570263&id=116298045063416

#StopWhiteGenocideInSA