(Jwplayer)

July 2, 2016

#ATTACK: Family attacked twice in one night by the same attackers, assaulted & threatened with death at a parking lot

The doctor who treated the family with injuries said, this is not the first time he treated patients who were attacked and assaulted in this way...
The man's eye shortly after the attack
#StopWhiteGenocideInSA

Familie met die dood gedreig tydens aanval:

‘n Familie is Saterdagaand omstreeks 23:30 met die dood gedreig nadat twee jong mans hulle aangeval het.

‘n Familie is Saterdagaand omstreeks 23:30 met die dood gedreig nadat twee jong mans hulle aangeval het.
Volgens die vrou, wat anoniem wil bly omdat sy en haar familie steeds erg getraumatiseer is, was hulle op pad na ’n kuierplek op die Bult.
Hulle het in die parkeerarea gestop, waarna ’n wit enkelkajuit bakkie hulle vasparkeer het.
“Die bestuurder het my man nader geroep. Hy het gevra of hy kan help met iets. Hulle het hom in die bakkie ingetrek en begin aanrand,” het die emosionele vrou gesê.
Sy het met die hulp van haar familie, haar man uit die bakkie getrek. Die twee mans het uit die bakkie geklim. Een het glo haar man begin aanrand, terwyl die ander haar swaer begin slaan het.
“My swaer het op die grond geval, waarna een op sy kop getrap het. My skoonsussie het haar man probeer help maar hulle het haar weggestamp en aangehou om hom te slaan,” vertel die vrou.
Die ander verdagte het intussen haar man oor die teer begin sleep.
“Ek het gesien hoe stamp hulle my man se kop teen ’n ander kar. Die karwagte het probeer keer. Ek het probeer om by my man uit te kom, maar hy het toe reeds sy bewussyn verloor,” vertel sy in trane.
Die twee mans het gevlug toe die polisie by die toneel opgedaag het.
“Soos hulle weggery het, het een van hulle vir my geskree, ‘ek sal jou f*#%n dood ry jou t#%f’” vertel sy.
Die groep het gedink hulle nagmerrie is verby, maar nadat die polisie weg is het die twee verdagtes teruggekom.
“Hulle het gesê hulle het vuurwapens en dat hulle ons gaan doodmaak,” vertel sy.
Die polisie het weer op die toneel gestop, waarna die verdagtes weer gevlug het. Die polisie het die familie hospitaal toe vergesel. Die man het sy neus gebreek, snye aan sy wang en oog opgedoen en hy is nerf-af soos hy oor die teer gesleep is. Sy vrou het spiere in haar rug seergemaak soos sy teen ’n kar gestamp is.
“Die dokter het gesê dit is nie die eerste keer wat hy mense behandel wat op die manier aangeval is nie.
“Ek was geskok omdat niemand anders probeer help het nie. Daar was ’n kar met twee jong mans in wat niks gedoen het nie, nie eers die polisie of ambulans ontbied het nie. Hulle het net gekyk hoe dit gebeur. My kind is vyf jaar oud en hy verstaan nie wat aangaan nie. Hoe verduidelik ek dit aan hom?,” vertel sy.
Die wit bakkie is glo bekend onder die karwagte, omdat daar gereeld moeilikheid gemaak word deur die twee verdagtes. Volgens die vrou sal sy die verdagtes kan identifiseer as sy hulle weer sien.
http://potchefstroomherald.co.za/17924/familie-met-die-dood-gedreig-tydens-aanval/

#StopWhiteGenocideInSA