(Jwplayer)

July 11, 2016

ANOTHER #MURDER: Murder case opened after missing Afrikaans woman, Monique Barnard (19) found dead in a field outside Ellisras

MURDERED: Monique Barnard (19)
#StopWhiteGenocideInSA

Die liggaam wat in Mei in ʼn veld buite Lephalale (Ellisras) in Limpopo gevind  is,  is  dié  van  die  19-jarige  Monique Barnard. Ao.  Frans Mokoena, woordvoerder van die polisie, het gesê DNS toetse  het bevestig  die  erg ontbinde lyk wat op 6 Mei gevind is, is dié van Barnard, wat ook as Monica bekend gestaan het. “Die polisie ondersoek nou ʼn saak van moord. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.” Maroela Media het vroeër berig Barnard het glo in die vroeë oggendure van 7 April die woonstel wat sy met haar kêrel deel, verlaat.  ʼn  Grootskaalse soektog is van stapel gestuur, maar het niks opgelewer nie. Die saak het egter ʼn wending geneem nadat verbygangers op 6 Mei die erg ontbinde liggaam gevind het. Louise  Loubser,  Monica se ma, het vroeër aan Maroela Media gesê sy en haar dogter het nog die aand voor haar verdwyning op WhatsApp gesels. “Ons het nog gelag en grappies gemaak. Toe ek haar egter die volgende oggend bel, was haar selfoon se stempos aangeskakel. Later die dag het ek weer probeer, en haar selfoon  was nog steeds afgeskakel. “Toe ek haar die Donderdagoggend probeer bel en weer net by haar stempos uitkom, het ek onraad gemerk. Ek het haar kêrel, by wie sy tuisgegaan het, gebel en hy het gesê sy is die oggend omstreeks 01:00 weg,” het Loubser gesê.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/liggaam-in-veld-wel-die-van-vermiste-ellisras-vrou/

#StopWhiteGenocideInSA