(Jwplayer)

July 21, 2016

All remaining Street names in Pretoria that were named after Boers must go!

Kerkplein / Church Square, Pretoria, December 1904
#StopWhiteGenocideInSA

Laaste Boere straatname in Pta moet waai


Die grondwetlike hof het in ‘n meerderheidsuitspraak in die guns van Pretoria se metroraad beslis om 25 straatname uit die vorige bedeling te verwyder en met name van sy keuse te vervang.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het in sy uitspraak aangevoer die verskillende menings van verskillende rolspelers is oorweeg en daar is besluit dat die metroraad gemagtig is om die bepaalde straatname te verander.

Volgens hom was AfriForum se saak gebaseer op skade wat aangerig sou word deur die geleidelike verlies aan plek en ‘n gevoel van tuishoort.

Dit is egter heeltemal onsensitief, verdelend en ietwat selfsugtig om nie ag te slaan om die gevoel van ander kultuur- of rasgroepe nie, meen Mogoeng.

Die kwessie het etlike jare voortgeduur en het in al die howe ‘n draai gemaak voordat die grondwetlike hof pas sy uitspraak daaroor gelewer het.

*Pretoria het soos meeste plekke in die Transvaal (en die res van Suid-Afrika) sy ontstaan uit die pioniersgees van die Afrikaner, en in besonder die ou Voortrekkers wat die binneland ingetrek het. Net soos Potchefstroom en vele ander plekke het Pretoria begin as ‘n Voortrekker-dorp en is strate vernoem na die pioniers wat die plek gevestig en uitgebou het.

Foto – Pretoria circa 1875

http://nuus.info/laaste-boere-straatname-in-pta-moet-waai/

#StopWhiteGenocideInSA