(Jwplayer)

June 29, 2016

#FarmMurder: UPDATE: Singer, Helena Hettema's father was shot dead by two black attackers on his smallholding this morning

GENOCIDE VICTIM: Singer, Helena Hettema with her father, Jan. 
Jan Hettema was attacked and shot dead by two black attackers on his smallholding in Boschkop in the east of Pretoria this morning 
#StopWhiteGenocideInSA
Die man wat Woensdagoggend op ʼn kleinhoewe in Pretoria doodgeskiet  is,  is  die  bekende oud-Springbok-fietsryer  en  tydrenjaer, Jan Hettema. Hettema (83) het in 1955 Suid-Afrika by die Wêreldfietsrykampioenskap in Rome verteenwoordig en met sy terugkeer sy Springbok-kleure verwerf. In  1956 is hy gekies om aan drie fietsrygeleenthede as deel van die Olimpiese Spele in Australië deel te neem. Hy was ook ʼn uiters vaardige tydrenjaer en het meer as 100 tydrenne gewen, onder meer vyf keer die  Suid-Afrikaanse  nasionale  tydrenkampioenskap. Hettema, wat ook ʼn goeie sanger is, is die pa van die bekende Suid-Afrikaanse sangeres Helena Hettema. Hy en sy dogter het in die verlede ʼn paar liedjies saam opgeneem en saam by vertonings opgetree. Maroela Media het vroeër berig (http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/kleinhoewe-aanval-bejaardedoodgeskiet-vrou-in-kas-toegesluit/) Hettema is omstreeks 08:00 op sy kleinhoewe op die Boschkoppad in  die  ooste van Pretoria doodgeskiet toe hy deur twee aanvallers oorval is. Sy vrou, die huishulp en haar baba is daarna deur die aanvallers in ʼn kas toegesluit, waarna die verdagtes die huis omgekeer het. Dit was nie dadelik duidelik  of daar enigiets  uit  die  huis  gesteel is  nie. Helena het verlede week op haar Facebook-blad gedeel dat sy met vakansie in Namibië is, maar het gesê dat  sy hierdie  Saterdag weer terug sal wees om in Pretoria op te tree. Dit is in dié stadium nie duidelik of hierdie  vertoning  sal  voortgaan  nie.  ʼn  Woordvoerder by die agentskap wat Helena verteenwoordig, wou nie  Woensdagoggend enige kommentaar lewer nie. Boodskappe van medelye is Woensdagoggend op Helena se Facebook-blad gedeel.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/kleinhoewe-moord-slagoffer-is-bekende-sangeres-se-pa/

#StopWhiteGenocideInSA