(Jwplayer)

June 16, 2016

#FarmAttack: UPDATE: During the past seven weeks, farm attackers tried 4 times to attack the Afrikaner family on the farm before the farm woman was attacked & abducted on Wednesday

"The woman is still missing since Wednesday. We urge anyone who might have information to contact the police in White River,"
GENOCIDE VICTIM: 
Attacked by 4 Armed Terrorists, Abducted & Still MISSING
Annetjie Myburgh (59)
#StopWhiteGenocideInSA

Daar was die afgelope sewe weke vier pogings om in te breek en twee suksesvolle inbrake by die huis van Annetjie Myburgh (59) wat sedert Woensdag vermis is.


Myburgh was op pad werk toe en het pas die heining na haar kleinhoewe in curlews naby Rocky Drift gesluit toe sy vermoedelik deur twee kapers oorval en ontvoer is.

Ten spyte van 'n grootskaalse soektog na Myburgh wat van stapel gestuur is, is nog geen spoor van haar of haar gekaapte tweedeur-Pajero-sportnutsvoertuig met die registrasienommer CHF 482 MP gekry nie.

"Sy is 'n saggeaarde mens en die maklik histeries geraak as sy skrik," sê Annetjie se seun, Wendell Myburgh jr.

"My ma is 'n baie private mens en sy en my pa, Wendell, het maar die meeste van hul tyd by die huis deurgebring.

"Ek dink dit is hoekom ons as gesin so oorbluf is oor die dramatiese voorval."

Kort nadat sy Woensdag verdwyn het, het die polisie twee kapmesse vir die hoewe se hek opgetel. Later is haar bril ook op die toneel opgetel. 
Myburgh jr. Sê hy vermoed sy ma het haar teëgesit toe sy oorrompel is en het waarskynlik só haar bril verloor.

Tydens 'n soektog in die bosse rondom die kleinhoewe is 'n drasak, wat vermoedelik aan die kapers behoort, gevind. Daar was enkele artikels, insluitend 'n stukkende selfoon, daarin.

Die polisie het glo DNS-monsters van die sak geneem wat nou ontleed word.

Ongeveer 100 motorfietsryers is met veldfietse besig om die bosse en plantasies tussen Witrivier en Hazyview te fynkam in 'n poging om Myburgh op te spoor.

Die gemeenskap het intussen ingespring en geld ingesamel om as vergoeding te dien vir enigiemand wat vorendag kom met inligting wat tot haar opsporing kan lei. Daar is tot dusver R20 000 ingesamel.

"Ons het selfs van so ver as Londen af ​​reaksie gekry."

Enigiemand met inligting kan kapt. Calvin pule by 082 449 0334 bel.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/inbrake-op-boewe-voor-vrou-verdwyn-20160616

#StopWhiteGenocideInSA