(Jwplayer)

June 22, 2016

#FarmAttack: Tweedracht, Pretoria. Elderly woman attacked & badly assaulted; the black attackers also threaten to rape & burn her with a hot clothing iron. They fled with firearms




 ʼn Vrou is Dinsdagmiddag deur vier gewapende aanvallers op ʼn kleinhoewe naby Pretoria oorval, vasgebind en gedreig dat sy verkrag en met ʼn warm strykyster gemartel sal word. Kapt. Marissa van der Merwe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die vrou, wat in haar 60’s is, was omstreeks 13:00 alleen in haar huis op die kleinhoewe in die Tweedracht-gebied langs die Boschkop-pad in die ooste van Pretoria. “Die vier aanvallers was almal met vuurwapens gewapen en het haar in die huis vasgebind. Hulle het haar gedreig dat hulle haar sal verkrag en met ʼn strykyster sal brand as sy nie haar samewerking gee nie,” het Van der Merwe gesê. Die aanvallers het ook glo werkers wat buite die huis besig was vasgebind. Die aanvallers het die vrou gedwing om die kluissleutel aan hulle te oorhandig en het ʼn vuurwapen uit die kluis gesteel. Hulle het ook verskeie huishoudelike items gevat en dit in die vrou se motor gelaai voordat hulle op die vlug geslaan het. “Haar man het kort daarna op die kleinhoewe aangekom en haar in die huis gevind. Hy het dadelik die verdagtes agternagesit en die voertuig in die rigting van Ekangala gejaag, maar hulle later verloor. Die voertuig is later verlate in Cullinan gevind,” het Van der Merwe gesê. Sy het gesê dat die vrou baie emosioneel was ná dié traumatiese voorval. ʼn Saak van huisroof en gewapende roof is geopen. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/aanvallers-dreig-dat-hulle-vrou-sal-verkrag-martel/

#StopWhiteGenocideInSA