(Jwplayer)

June 22, 2016

#ATTACK: Missing Afrikaner contractor found alive, Gerry's wallet is gone and his vehicle was found abandoned in Chuenespoort

Gerrie Kachelhoffer (41) received treatment in a hospital in Pietersburg after he was found on Tuesday night in Lebowakgomo (A black township)
#StopWhiteGenocideInSA
Die boukontrakteur van Pretoria wat in Limpopo vermis geraak het, is Dinsdagaand in Lebowakgomo gevind.
Gerrie Kachelhoffer (41) van Silverton was sedert Maandag omstreeks 12:00 vermis.
Sarie Greyling, sy skoonsuster, sê 'n taxibestuurder het die polisie gebel en gesê hy het Kachelhoffer in die Lebowakgomo-omgewing gesien.
Die taxibestuurder het hom herken van 'n pamflet wat uitgedeel is met 'n foto van Kachelhoffer daarop.
Greyling sê Kachelhoffer was deurmekaar "en het niemand herken nie".
Hy het steeds sy blou oorpak met wit glimstroke daarop gedra toe hy gekry is.
Hy is na 'n hospitaal in Polokwane vir behandeling geneem.
Dit is nog onduidelik wat met hom gebeur het.
Hy is Maandag laas gesien toe hy werkers by 'n Engen-Vulstasie in Lebowakgomo, sowat 30 km buite Polokwane, afgelaai het.
Kachelhoffer het vir sy werkers gesê hy gaan boumateriaal koop. Hy werk by Monwana Construction & Installations wat kontrakwerk vir Engen doen.
Deon Greyling, sy swaer, sê sy wit Toyota Raider-enkelkajuitbakkie is Maandagmiddag verlate in Chuenespoort gekry.
"Die sleutels was nog in die aansitter en sy selfoon was ook in die bakkie.
Gerrie se beursie, met R4 000 wat hy in Pretoria uit die sakeonderneming se kleinkas geneem het om boumateriaal te koop, is weg.
'N Bybel wat hy altyd in sy bakkie hou, is ook weg.
Greyling sê hulle loof God dat haar swaer gevind is. "Hy leef. God is groot. "
Sy vrou, Yvonne, het op Facebook gesê sy is verheug dat haar man lewend gevind is.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/plaasaanval-egpaar-uit-hospitaal-20160620

#StopWhiteGenocideInSA