(Jwplayer)

June 20, 2016

DOUBLE #MURDER: UPDATE: Afrikaner couple Tewie and Eureka Human 'murdered with great cruelty' in Great Brak River, George home



GENOCIDE VICTIMS: MURDERED:
Tewie (70’s) & Eurika Human

The woman was stabbed 'with a sharp object', the man was bashed to death 'with a heavy object'
#StopWhiteGenocideInSA

opvolg- Groot-Brakrivier steier onder die skok van ’n dubbele moord op ’n egpaar by hul huis op die dorp.

Die lyke van Tewie (in sy 70’s) en Eurika Human (in haar 60’s) is Saterdag, 18 Junie, by hul woning in Sandhoogtestraat gevind. 

“Daar was geen gedwonge toegang nie,” het die Humans se skoonseun, ds. Gerhard Pietersen, Maandag by navraag gesê. 

“Hy is in die motorhuis gevind en sy in die huis.”

Volgens inligting van die polisie het Tewie kapwonde gehad en Eurika verskeie steekwonde.

Die Humans het die afgelope byna 25 jaar op Groot-Brakrivier gewoon. Human het die afgelope 16 jaar ’n riooldienste-onderneming daar bedryf en die egpaar was goed bekend op die dorp.

“Hy was ’n groot social connector,” het Pietersen bygevoeg.

Sondag sou Eureka se verjaardag en ook die egpaar se huweliksherdenking wees.

Pietersen is met die Humans se oudste dogter, Amor, getroud. Volgens hom sal die begrafnis eers gehou kan word sodra Amor se jonger suster, Tineka,  uit Amerika in Suid-Afrika arriveer. Die jonger suster en haar man, Carlo Vos, het Maandag nog vlugreëlings getref.

Volgens Pietersen vermoed die familie dat die egpaar moontlik oorval is deur iemand wat goed bekend was met hul roetine. Die onderneming was op sy bedrywigste in Desember en April. “Nou was dit ’n stil tyd,” sê hy.

Met ’n besoek van Die Burger aan die huis Sondag was ’n forensiese span van die polisie op die toneel. 

’n Metaalrooi Toyota Conquest met ’n Mosselbaaise registrasienommer het binne die erf gestaan en forensiese beamptes geklee in beskermde drag kon naby die motor gesien word. Die ingang was afgesper met geel-en-blou polisielint.

Anton Delamijn, ’n gemeenskapsleier en ’n verteenwoordiger van die Midbrak-buurtwag, het Maandag gesê die voorval het die dorp geruk. Danksy die buurtwagstelsel en die polisie het inbrake die afgelope tyd afgeneem.

Teen Maandagmiddag is niemand nog in verband met die moord aangekeer nie.

ALSO READ:
■ murder: Afrikaner couple Tewie and Eureka Human 'murdered with great cruelty' in Great Brak River, George home

■ DOUBLE #MURDER: Afrikaner elderly couple were attacked & killed by black attackers this morning in Great Brak River

#StopWhiteGenocideInSA