(Jwplayer)

June 17, 2016

DOUBLE #MURDER? Afrikaner couple found dead in Warmbaths home; Police say: 'they did not die of natural causes'

CJ Jansen van Vuuren en Juané Potgieter
#StopWhiteGenocideInSA

’n Paartjie van Bela-Bela, Juané Potgieter (30) en CJ Jansen van Vuuren (30) is die afgelope naweek dood in hul huis in Panorama Park aangetref.

Elri Arlow, voorsitter van Bela-Bela Crime Support-groep (BBCS) en ’n vriendin van die twee, het aan Die Pos gesê die paartjie het op Vrydag, 10 Junie, ’n gesamentlike verjaardagpartytjie by die Bela-Bela Waterfront gehou om hul onlangse verjaardae te vier.
Die partytjie het kort ná 02:00 die Saterdagoggend geëindig waarna die groep na ’n vriend se huis is. Potgieter en Jansen van Vuuren is daarna huis toe, het Arlow gesê.
Die groep vriende sou die Saterdag weer by een van hul vriende se huise vir ’n potjiekos-ete bymekaar gekom het, maar niemand kon vir Potgieter of Jansen van Vuuren in die hande kry nie.
Charles Meyer, ’n vriend, is later na die twee se huis om te gaan kyk of hulle tuis is, het Arlow gesê.
Meyer het by hul kamer ingestap en die twee dood in hul bed aangetref, met bloed wat by hul neuse en ore uitgeloop het, het Arlow gesê. 
Die BBCS is toe na die huis ontbied. Geen teken van misdaad is op die toneel opgemerk nie. Potgieter en Jansen van Vuuren se kinders was oor die naweek by ander familie, het Arlow gesê. Hul dood het talle vrae by inwoners op die dorp ontlok.
Die lykskouing het op Dinsdag, 14 Junie, plaasgevind.
Ao. Tommie van Blerk, ondersoekbeampte, het by navraag gesê die polisie is steeds besig om verklarings te neem en om leidrade op te volg.
Bloedmonsters is reeds weggestuur om presies te bepaal wat die oorsaak van hul dood is, het Van Blerk gesê. 
Hy het wel gesê dat hulle na alle waarskynlikheid “aan onnatuurlike oorsake gesterf het”.
Potgieter was ’n persoonlike assistent by Century 21 op die dorp en Jansen van Vuuren het sy eie onderneming gehad.
Albei het jong kinders uit vorige verhoudings — Potgieter het ’n seun en dogter, en Jansen van Vuuren ’n seun.
Talle boodskappe het op Facebook ingestroom nadat mense van die tragedie gehoor het.
Een boodskap het gelui dat mense se harte swaar van die pyn is en dat “CJ nou in ’n beter plek is”. Nog ’n boodskap lui dat Juane ’n “ystermamma, ’n ware vriendin, staatmaker en tops in haar werk was”. 
Mense het ook hul dank uitgespreek dat hulle dié twee vir ’n laaste keer by hul verjaardagpartytjie kon sien, omdat “hulle opregte vriende was”.
Teen druktyd was geen begrafnisreëlings nog bekend nie.
http://www.diepos.co.za/articles/news/37372/2016-06-17/paartjie-van-bela-bela-dood-in-huis-gevind
#StopWhiteGenocideInSA