(Jwplayer)

June 12, 2016

#ATTACK: UPDATE: In Critical Condition In Hospital: Afrikaner man, Johan du Toit (58) tried to fight back to protect his wife and son when he was shot 9 times by black attackers at home

IMG-20160612-WA0019
GENOCIDE VICTIM: Johan du Toit
#StopWhiteGenocideInSA

Vrou praat oor Akasia-skietery

Johan du Toit (58) het probeer terugveg om sy vrou en seun te beskerm toe hy deur inbrekers geskiet is.

Die Akasia-onderhoof wat Saterdagoggend nege keer deur inbrekers geskiet is, is steeds in ’n kritieke toestand by ’n hospitaal in die noorde van Pretoria.

Retha, Johan se vrou, het Sondagoggend aan Rekord vertel hoe haar man geskiet is, nadat inbrekers toegang tot hul huis in ’n veiligheidskompleks gekry het.

“Ek het die oggend vroeg wakker geword toe ek ’n hond hoor blaf. Ek het iets in die huis gehoor, maar gedink dis miskien ons seun…”

Retha sê Johan het opgestaan en van hul slaapkamer op die boonste verdieping van hul huis na die leefarea op die grondvloer gegaan om ondersoek in te stel. Hy het toe ’n onbekende aantal inbrekers in hul huis betrap.

“Hy was seker nog nie eers onder op die trappe nie, toe hoor ek die skote klap,” sê Retha.

“Ek vermoed hulle (Johan en die inbrekers) het in ’n geveg betrokke geraak. Daar was een skoot na die ander. Dit was oorlog in ons huis.”

Retha sê sy en haar seun was tydens die skietery op die boonste vloer.

“Hy het vir ons geskree: ‘Moenie afkom nie! Bly weg! Hulle is baie!’”

Retha sê sy het na die balkon buite hul slaapkamer gegaan en om hulp geroep.

“My seun het ’n wasgoedmandjie vol wasgoed gegryp en afgehardloop om my man te probeer help.”

Retha sê sy kon in die donker uitmaak hoe ’n verdagte bo-oor haar man, wat op die grond gelê het, staan en skiet.

“My seun het hom (inbreker) toe met die mandjie vol wasgoed gegooi. Hy moes seker gedink het iemand takkel hom van agter af, want die man het alles net so gelos en saam met die res uit die huis gevlug.”

Retha sê ’n TV was die enigste item in die huis wat vermis is nadat die inbrekers gevlug het.

“Met die hulp van ons buurman het ons Johan in die bakkie gekry en hospitaal toe gehaas. Ons is nog bang vir infeksie, so daar kan in hierdie stadium nog niemand anders naby hom toegelaat word nie.”

Retha sê polisie was vinnig op die toneel kort na die aanval.

“Ek wil net baie dankie sê vir ons polisie en vir die berading wat hulle aanbied. Dankie ook aan almal wat ons in jul gebede dra.”
http://rekordcenturion.co.za/88126/vrou-praat-oor-akasia-skietery/

#StopWhiteGenocideInSA