(Jwplayer)

June 9, 2016

#ATTACK: Missing Afrikaner men found 'drugged' inside car

#StopWhiteGenocideInSA

Mans bedwelmd gevind
Twee mans wat Dinsdag vanaf hul huis verdwyn het, is Woensdagaand bedwelmd in hul voertuig by ’n vulstasie gevind.

Die families van mnre. Pierre Gouws (22) en Louis Botha (50) was rasend van bekommernis toe hulle Dinsdagoggend omstreeks 09:00 gery en nooit die dag weer teruggekeer het nie.

Me. Chrissie Botha (familie van mnr. Botha) vertel dat hulle Dinsdag nog om 12:00 vir Pierre op sy selfoon in die hande kon kry. Hy het beloof dat hulle dadelik huis toe kom, maar het nooit opgedaag nie.

Hulle het Woensdag op Facebook gevra dat mense op die uitkyk moet wees vir die twee.

Me. Botha sê sy was Woensdagaand op pad na die Kosmos Hospitaal om vir haar ma te gaan kuier, toe hul voertuigligte oor Pierre se voertuig val, waar dit naby ’n vulstasie gestaan het.

Die twee mans was in die voertuig en hulle het geen uiterlike beserings gehad nie. Daar word ook niks uit die voertuig vermis nie.

Beide was egter te bedwelmd om te bestuur.

Me. Botha sê Pierre is in die Kosmos Hospitaal opgeneem waar toetse gedoen word om te kyk wat hy ingekry het.

Teen druktyd kon nog nie een van die twee mans vir hulle sê wat met hulle gebeur het nie.
http://mobserver.co.za/50532/mans-bedwelmd-gevind/

#StopWhiteGenocideInSA