(Jwplayer)

May 20, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Two more black attackers have been arrested for allegedly attacking Afrikaner Conradie family on a farm near Bothaville

opvolg - Aanval op gesin: Nog 2 aangekeer

Bothaville. – Die Valke het die naweek nog twee mans aangekeer wat hulle na bewering as polisiemanne voorgedoen het in ’n aanval op Adri Conradie en haar gesin op ’n plaas buite Bothaville.

Speursersant Scala Vinger het die twee mans op Viljoenskroon in hegtenis geneem en volgens sers. Ian Gaobepe, polisiewoordvoerder vir die streek, word die mans ook verbind met ’n rooftog in Maart vanjaar op ’n wildplaas buite Hartbeesfontein.

Adri Conradie (66), haar suster, Esther Fourie (57), dié se dogter, Hester Hanekom (31), en haar kinders, Erica (9) en Cobus (4), is op 8 April in hul plaashuis deur vyf mans in polisie-uniforms aangeval.

Die bende het aanvanklik gesê hulle is van die polisie en ondersoek ’n klag van die besit van dwelms.

Hulle het Conradie by haar kombuisdeur uit die pad gestamp en die huisbewoners in die huis oorrompel en vasgebind.

Die mans het selfone, kontant en vuurwapens gebuit en in hul eie wit bakkie gevlug. Die vroue kon die hulp van die plaaslike buurtwag, landelike beveiliging en die polisiediens ontbied en twee van die mans is dieselfde aand buite Orkney aangekeer. Polisieboeie en -glimbaadjies is by een van hulle gevind.

Vier mans is nou in aanhouding in verband met die rooftog. Hulle word van gewapende roof aangekla en ook dat hulle hulle as polisiemanne voorgedoen het. Hulle sal almal binnekort in die landdroshof op Bothaville verskyn.
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1394762073883667&id=116298045063416
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/aanval-op-gesin-nog-2-aangekeer-20160518

ALSO READ:

#StopWhiteGenocideInSA