(Jwplayer)

May 20, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Afrikaner family survives shooting by 4 armed black attackers on smallholding Mooihoek Avondale area

Rustenburg – Vier gewapende mans het vroeg Woensdag oggend, 18 Mei 2016, toegesak op ‘n kleinhoewe buite Rustenburg, in die Mooihoek Avondale area omstreeks 07h00.
Elna en Kallie van der Walt, en hul familie woon op die kleinhoewe. Die ouerpaar, Elna (58) en Kallie (62) woon al ongeveer 30 jaar op hul kleinhoewe.
Oom Kallie het hartprobleme en spandeer meeste van sy tyd in sy rolstoel of sukkel met ‘n kierie om oor die weg te kom. Elna en haar seun het pas vertrek die oggend toe die boosdoeners die kleinhoewe betree het.
“Die honde het vreeslik te kere gegaan,” vertel Elna in ‘n onderhoud met die Platinum Weekly koerant. “Toe gewaar hulle twee mans wat aan die tralies ruk en skree; ‘Please. Please. Help us!’”
Op die stadium was Kallie en sy dogter in die hoofhuis toe hulle ‘n venster hoor breek.
Kallie het uit sy rolstoel gespring – en die krag bymekaar geskraap om die haelgeweer te gaan haal. Toe hy by die een inbreker kom, wat tóe alreeds in die huis was, het die boosaard ‘n skoot afgevuur op Kallie met ‘n 9mm pistool. Hy het gemis.
Kallie het sonder skroom terug ‘n skoot afgevuur – waarna die verdagtes summier omgedraai en weggehardloop het. Die ander twee plaasaanvallers het óók op die vlug geslaan.
Niemand was beseer tydens die aanval nie.
Die Polisie ondersoek tans ‘n saak van poging tot huisroof, aldus Sersant Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder.
Na bewering is een van die aanvallers vasgetrek in die Donkerhoek omgewing, Rustenburg.
• Die Van der Walt se buurman, wyle 71-jarige Koos Bisschoff, is in Januarie 2012 vermoor deur plaasaanvallers. Hy is in sy huis deur vyf aanvallers oorval. Hy het beswyk aan sy wonde wat hy opgedoen tydens die plaasaanval.
https://facebook.com/story.php?story_fbid=902048629904741&id=365252713584338

ALSO READ:

#StopWhiteGenocideInSA