(Jwplayer)

May 3, 2016

ATTACK: UPDATE: Afrikaner woman, Ella van der Berg (85) from Mountain View is still in hospital after she was brutally assaulted by blacks at home last Wednesday

Image: Corbis
#StopWhiteGenocideInSA

Bejaarde steeds in hospitaal ná aanval

’n Bejaarde vrou van Mountain View is steeds in die hospitaal nadat sy verlede Woensdagmiddag aangeval is.

Ella van der Berg (85) was alleen by die huis toe rowers haar oorrompel het.

“Sy was besig om oor die foon te praat. Die honde het geblaf, maar toe was die rowers reeds in die huis. Hulle het haar wreed aangeval,” vertel Van der Berg se oudste dogter, Lena Venter.

Venter sê haar ma het hoofsaaklik ernstige kopbeserings opgedoen.

“Sy het twee frakture in haar kakebeen en soos hulle haar gewurg het, is haar strottehoof beseer en sy sukkel om asem te haal. Sy het ’n gat in haar kop wat dokters met krammetjies geheg het,” sê Venter.

Van der Berg is tans in Eugene Marais hospitaal.

Venter sê haar ma is in isolasie en het longontsteking ontwikkel.

“Buiten die probleem dat die swelling op haar brein en gesig eers moet sak voor dokters kan opereer, is ’n tekort aan bloed ’n groot probleem,” sê sy.

Venter het verlede week ’n dringende beroep op mense gedoen om bloed te gaan skenk by hul naaste bloedbank.

Intussen het hulle genoeg bloed ontvang vir Van der Berg, maar Venter sê daar is steeds ’n tekort aan bloed.

“Die bloedbanke het nie bloed nie. Dit is nie net vir my ma nie, hier is baie pasiënte wat wag vir bloed. Dit is baie belangrik dat almal wat kan, bloed gaan skenk,” sê sy.

Sy sê mense van enige bloedgroep kan skenkings maak omdat die bloed altyd gebruik sal word.

Volgens Venter word die saak nog deur die polisie ondersoek.

“Die ondersoek is in ’n sensitiewe stadium.”

Venter sê die diewe het ’n trouring van haar ma se vinger afgesteel asook ’n leë beursie en bankkaart.

“Terwyl daar so baie items in die huis was wat hulle kon steel, het hulle eerder my ma geteiken.”

Venter het ’n beroep op mense gedoen om nie bejaardes bedags alleen by die huis te los nie.

“Ek wil vir kinders vra om eerder hul ouers in ’n ouetehuis te plaas waar hulle 24-uur per dag die nodige sorg en sekuriteit ontvang. Kinders kan nie hul bejaarde ouers alleen by die huis los nie, dit is dan wanneer sulke wreede dinge plaasvind,” sê Venter.

Venter sê verdagtes het ses weke gelede ook probeer om by dieselfde huis in te breek.

“Die einste voorval het ses weke gelede ook gebeur. Hulle het probeer om by die agterdeur in te kom maar gelukkig het my ma hulle betyds gesien en kon sy die sektorpolisie in kennis stel voor hulle ingekom het.”

Sy sê diewe hou huise dop en weet presies wie in sekere huise is en wanneer.

“Ek voel hulle is besig om oumense in Mountain View te teiken wat alleen by die huis is,” sê Venter.
http://rekordmoot.co.za/71545/bejaarde-steeds-in-hospitaal-na-aanval/?platform=hootsuite

#StopWhiteGenocideInSA