(Jwplayer)

May 14, 2016

#ATTACK: Afrikaner woman, Nelie Engelbrecht was attacked & assaulted by blacks who pretended to be home buyers in Nylstroom

GENOCIDE VICTIM: Nelie Engelbrecht
#StopWhiteGenocideInSA
’n Vrou van Nylstroom het op Woensdag, 4 Mei, ’n noue ontkoming gehad nadat rowers hulself as huiskopers voorgedoen en haar toe aangeval het. 

Nelie Engelbrecht se huis in Steve Tshwetestraat is onlangs in die mark gesit en eiendomsagente se borde is teen die heining aangebring. 

“Dit was ’n dom besluit van my om die man en vrou in my huis toe te laat sonder ’n agent by hulle,” het Engelbrecht aan Die Pos gesê. “Maar hulle was goedversorg en het na ordentlike mense gelyk.”

Die egpaar het glo reeds die vorige week na die huis kom kyk, ook sonder ’n agent. Hulle het volgens Engelbrecht gesê dat hulle baie van die ruim vyf slaapkamerhuis hou en weer sal wil kom kyk. 

“Dis hoekom ek nie gehuiwer het om hulle Woensdag te laat inkom nie. Hulle het gesê dat hulle hul ‘exterior decorator’ wil wys hoe die huis lyk. Dié man het ’n baadjie met die woorde ‘exterior decorator’  en ’n telefoonnommer aangehad. Hulle het gepraat oor waar hulle die swembad wil insit,” het sy gesê.

Die “huiskopers”, ’n grootgeboude man en ’n vrou wat baie modern aangetrek was met hoë wighakskoene, het in Sotho met die huishulp gepraat. Hulle het aan haar gesê dat hulle van Thoyandou in Venda af kom. Engelbrecht vermoed dat hulle haar dalk uitgevra het oor watter dae sy werk. 

Die huiskopers het gesê dat hulle weer die slaapkamer wil sien. Dit is daar waar die drie Engelbrecht vasgegryp en haar hande en voete met dik kabelbinders vasgemaak het en haar slaapklere om haar mond gebind het. Sy is gedwing om op die bed te lê. Die groot geboude man het ’n pistool teen haar gedruk en gesê dat hy sou skiet as sy amok maak. Hulle het geld en die kluis se sleutels geëis. 

“Die vrou het klere uit my kas en al my juwele in haar sak gegooi. Sy het selfs hoofpynpille wat in die kas was, gevat,” het Engelbrecht gesê. Haar hart is baie seer oor haar 18-karaat trouring, wat 56-jaar oud is, wat ook gesteel is. Engelbrecht se tweede man, Doors Engelbrecht, is drie jaar gelede oorlede. 

Die rowers het ’n Beretta 9 mm-pistool uit die kluis gesteel, maar die jaggewere gelos. Hulle het Engelbrecht in die kamer toegesluit. Sy het ’n paar minute gewag, waarna sy haar voete losgewikkel en by die venster om hulp geskree het. Haar buurman het haar gehoor en kom help. Die aanvallers het gevlug. 

Engelbrecht sê die polisie het baie vinnig opgedaag en haar ondersteun.

“Ek wil my huis nou gou verkoop of verhuur. My kinders wil nie hê dat ek langer hier op my eie woon nie,” het Engelbrecht gesê. Sy gaan by haar kinders in Pretoria woon. Dis swaar om op te pak, want sy woon al sedert haar kinderdae op Modimolle. 

Ao. James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, het inwoners gemaan om nie voornemende huiskopers toe laat sonder ’n agent by hulle nie. Indien hulle nie deur ’n agent werk nie, het hy gesê dat hulle ’n vriend of buurman moet vra om in die oprit te staan en wag om boewe af te skrik. 
http://www.diepos.co.za/articles/crime/36847/2016-05-13/ahuiskopersa-is-wolwe-in-skaapsklere

#StopWhiteGenocideInSA