The farmer, his wife and two of their children were attacked by 6 black attackers at about 19:00 on their farm in the Luneburg area...NOTHING WAS STOLEN. The terrorists are still at large!
ʼn 77-jarige boer is op sy plaas naby Paulpietersburg in KwaZulu Natal vermoor. Maj. Shooz Magudulela, woordvoerder van die polisie, het bevestig Frieder Johannes Filter (77) is Vrydagaand vermoor. “Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en niemand is nog in hegtenis geneem nie.” Eugene van Aswegen, voorsitter van AfriForum se Paulpietersburg-tak, het aan Maroela Media gesê Filter, sy vrou en twee van hul kinders is omstreeks 19:00 op hul plaas in die Luneburgomgewing oorval. “Dit is nog nie heeltemal duidelik presies wat gebeur het nie, maar die verdagtes het glo in ʼn stadium vir Filter vasgehou en agteruit met hom uit die huis geloop. Toe hulle by die deur uit is, het ʼn skoot afgegaan en hy is in die kop getref.” Volgens Van Aswegen is Filter op die toneel dood. “Daar was glo twee verdagtes in die huis, maar ons verneem daar kan tot ses aanvallers gewees het. Dit wil voorkom of die aanvallers geskrik het toe daar so baie mense in die huis was aangesien die Filter-egpaar se kinders van Duitsland daar gekuier het. Die kinders het glo sowat 20 minute voor die moord eers by die huis aangekom.” Dit is nie duidelik of enigiets tydens die voorval gesteel is nie. Volgens Van Aswegen is daar na afloop van die moord na die verdagtes gesoek maar sonder sukses. “Die polisie volg tans leidrade op.” Maj. Magududela het gesê daar was vermoedelik ses verdagtes en dat nog ʼn persoon buite die plaas geskiet en ernstig beseer is. Dit is egter nie duidelik of die persoon ʼn familielid is of iemand wat net verby die plaas beweeg het nie.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/bejaarde-boer-op-kzn-plaas-vermoor/
#StopWhiteGenocideInSA