(Jwplayer)

May 23, 2016

#ATTACK: Afrikaner mom tried to lay criminal charge after her child was attacked on his way to school: Police refused

waldo
GENOCIDE VICTIM: Waldo van Aswegen, a Grade 8 student 
#StopWhiteGenocideInSA

Noue ontkoming vir Waldo

‘n Graad 8-leerder van Hoër Volkskool se tas is Vrydag 6 Mei op pad skool toe deur ’n man gegryp.
Volgens die leerder, Waldo van Aswegen, was hy op pad skool toe en het hy in Kruisstraat naby die hospitaal gestap toe ’n man op ’n fiets verby hom gery het.
“Ek het al die man vantevore daar gesien staan. Hy het verby my gery tot amper by die ander straat voor hy omgedraai en na my toe gery het.”
Die man het op Waldo afgery en toe hy amper by hom kom, sy fiets neergegooi en Waldo aan die tas gegryp.
“Hy het vir my geskree ‘hey! come here, give me my phone.’
“Ek het net begin hardloop en probeer losruk,” sê Waldo.
Gelukkig kon hy losruk en voor die man hom weer kon gryp, het omstanders hom gehelp.
Hulle het sy ma en die polisie gebel.
Volgens Waldo se ma, Yolande van Niekerk, was sy woedend toe sy op die toneel gekom het.
“My kind was histeries, maar die polisie het vir ons gesê hulle kan niks doen nie omdat die man nie ’n misdaad gepleeg het nie.”
Die man se bewering was dat die kind sy selfoon gesteel het, daarom het hy hom gegryp om sy selfoon terug te kry.
“Die polisie het vir ons gesê dat dit nie eers help om ’n klag te lê nie,” vertel Van Niekerk.
Volgens kaptein Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, moet mense wat voel dat hulle nie regverdig deur polisie behandel is nie, na die polisiestasie toe kom om by die bevelvoerder ’n klag te lê.
“Dit sal dan ondersoek word. Die naam van die polisielede of registrasienommer van die voertuig waarin hulle gery het, sal ook met die ondersoek help,” het hy gesê.
http://potchefstroomherald.co.za/15357/noue-ontkoming-vir-waldo/

#StopWhiteGenocideInSA