(Jwplayer)

May 27, 2016

ANOTHER #MURDER: Afrikaner woman shot dead, her husband seriously injured by a black temporary worker at home in Randburg on Thursday

GENOCIDE VICTIMS: Afrikaner Couple: Dieter  and  Louisa  Lubbe (40)
Louisa was shot in the head and Dieter was shot in the shoulder
#StopWhiteGenocideInSA
Donderdagmiddag doodgeskiet en haar man, Dieter,  ernstig  gewond by hul huis in Randburg.

Gert Serfontein,  Louisa  se  broer,  het aan Maroela Media gesê Dieter,  het  Donderdagmiddag kort voor 15:00 ʼn stukwerker gaan oplaai  om ʼn hekkie reg te maak by die gesin se huis in Witdoringweg in Sonneglans. 

“Hulle  het  by die huis ingery en uit die motor geklim toe die werker ʼn vuurwapen uitgeruk het. My swaer het ook sy vuurwapen by hom gehad en ʼn skietgeveg het uitgebreek. Ons is nog nie seker wat presies hierna gebeur het nie maar my suster het êrens uit die huis gekom en is in die kop geskiet.” Volgens Serfontein  is  Dieter  in  die  skouer geskiet terwyl die werker verskeie kere geskiet is. “Dieter  sal  moontlik  vandag reeds uit die hospitaal ontslaan word.” Hy word in die Netcare Olivedale-kliniek  behandel. Serfontein  het  gesê Dieter en Louisa se tweejarige seuntjie Luan was by die kleuterskool ten tyde van die voorval,  terwyl Dieter se twee seuns uit ʼn vorige huwelik, by hul onderskeie hoërskole was.  Stefan  (14) is  ʼn gr. 8-leerling  aan  die  Hoërskool Linden. Die ander seun Gustav is 16 jaar oud. “Ons is diep geraak deur die tragiese gebeure en hou Stefan, Dieter, Gustav, Luan, die res van die familie  en  vriende  in  ons gedagtes en gebede. Ons versoek dat die Linden-gemeenskap hande neem om ook hierdie gesin in dié traumatiese tyd by te staan. Hoërskool Linden sal ondersteuning aan die gesin bied. Die geweld in ons samelewing het ʼn verwoestende effek op gesinne en gemeenskappe,” het dr. Jordaan, hoof van Hoërskool Linden, gesê.
Russel  Meiring,  woordvoerder van ER24, het vroeër gesê Louisa is op die toneel dood verklaar. Dieter  en die werker is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere  mediese sorg. Die stukwerker het kort na sy aankoms by die hospitaal aan sy wonde beswyk. Ao.  Karen Jacobs, woordvoerder van die polisie, kon sedert Vrydagoggend glad nie vir kommentaar bereik word nie.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/randburg-skietery-stukwerker-skiet-egpaar/

#StopWhiteGenocideInSA