(Jwplayer)

May 13, 2016

2 Seperate #ATTACK 's: Two elderly Afrikaner residents of Warmbaths was brutally assaulted in two separate attacks at home;

Two elderly Afrikaner residents of Warmbaths were attacked by blacks at their homes last week. Frederik Potgieter was stabbed with a screwdriver in Tarentaalpark and Glynis Swanepoel was attacked by two blacks in her house, tied up and robbed
#StopWhiteGenocideInSA
Twee bejaarde inwoners van Bela-Bela is die afgelope week wreed op die dorp aangerand.
Frederik Potgieter van Tarentaalpark in Huilboslaan het op Woensdag, 4 Mei, omstreeks 03:00 die oggend buitentoe gegaan en ’n vreemde man in dié woonkompleks gesien. Nadat Potgieter weer in sy huis is, het hy kort daarna ’n geluid naby die voordeur gehoor en ondersoek ingestel, het konst. Maria Maswanganye, polisiewoordvoerder op die dorp, aan Die Pos gesê.
Potgieter het sy veiligheidsdeur oopgemaak om uit te kyk, maar het skielik in ’n vreemde man vasgekyk wat die deur vasgegryp het. ’n Tweede verdagte het ook opgedaag.
Potgieter het probeer om die skuifdeur toe te maak, maar die booswig het hom gekeer. Een van hulle het ’n soort houtknuppel en die ander ’n skroewedraaier in die hand gehad, het Maswanganye gesê. Die boef met die skroewedraaier het Potgieter in sy linkerhand gesteek, waarna Potgieter na sy vrou geroep het om hul vuurwapen te kry en haarself toe te sluit.
Potgieter het op ’n manier aan die rowers ontvlug en homself in ’n bad-kamer toegesluit, het Maswanganye gesê. Nadat dit stil geword het, het Potgieter uitgekom en gevind dat hulle televisie, twee selfone en sy vrou se handsak weg is.
Sy vrou, wat nie haar naam genoem wou hê nie, het by navraag gesê sy is dankbaar teenoor die Here dat haar man die aanval oorleef het. 
Hy moes sewe steke aan sy ringvinger kry. Sy het gesê veiligheidsdrade om die kompleks is voorheen geknip en diefstalle het in die omgewing plaasgevind, maar hierdie aanval was die laaste ding wat hulle verwag het. 
Die dag nadat Potgieter aangeval is, het twee vreemde mans die eiendom van Johann en Glynis Swanepoel by die Shalom-woonkompleks op Roodepoort buite Bela-Bela geteiken.
Stoffel Lotter, die Swanepoels se buurman, het by navraag gesê hy het kort voor 16:00 twee mans by die kompleks se hek sien inkom. 
Lotter is toe dorp toe en het later teruggekeer, maar hy sê dat hy op daardie stadium geen onraad vermoed het nie.
Hy het egter skielik iemand hoor skree en die twee mans van die Swanepoels se huis af gesien weghardloop.
Volgens Maswanganye het Glynis ongeveer 15:30 in haar kamer gesit en radio luister toe hul honde begin blaf het.
Glynis het volgens Maswanganye opgestaan en na die kombuis gestap, maar is toe deur die twee boewe voorgekeer en vasgegryp. 
Die booswigte het haar na die slaapkamer geneem, haar hande met ’n nagrok vasgebind en haar kop bedek voordat hulle haar plat op haar maag laat lê het, het Maswanganye gesê. 
Die rowers het toe die huis deursoek na buit. 
Nadat die booswigte gevlug het, het Glynis haarself losgewikkel en haar man gebel waarna buurtwaglede en die polisie ingeroep is.
Lotter het gesê die rowers het toegang tot die huis verkry deur die veiligheidshek by die Swanepoels se kombuisdeur af te breek. ’n Groot soektog is geloods, maar die rowers is steeds skoonveld.
Juwele, kameras, ’n horlosie en kontant is onder meer geroof.
Die rowers het volgens buurtwaglede vermoedelik met die grondpad vanaf Shalom na die Thabazimbi-pad gevlug, waar hulle deur ’n rooi 1 400-bakkie opgelaai en later weer afgelaai is. 
Lotter het gesê kort ná die voorval het hy toevallig agter ’n rooi 1 400-bakkie op die Thabazimbi-pad na Bela-Bela gery, maar hy het niks verdags vermoed nie.
Die Swanepoels kon nie vir kommentaar bereik word nie.
Die polisie ondersoek albei voorvalle, maar teen druktyd is geen inhegtenisnemings gemaak nie.
http://www.diepos.co.za/articles/crime/36846/2016-05-13/bejaarde-inwoners-helder-oordag-aangeval

#StopWhiteGenocideInSA