(Jwplayer)

April 15, 2016

#MURDER: UPDATE: Funeral service held for murdered AFRIKANER woman, Hendrina Jacoba (Rina) Hendriksz (69): she was beaten to death with a hammer


GENOCIDE VICTIM:  MURDERED: AFRIKANER woman, Hendrina Jacoba (Rina) Hendriksz (69) was attacked & killed by black attackers in her townhouse in Bloemfontein last week
#StopWhiteGenocideInSA



Die stad het ’n engel verloor.

Bloemfontein: Hendrina Jacoba (Rina) Hendriksz (69) was vir almal wat haar geken het, ’n vrou van liefde en omgee. ’n Engel.

’n Beskermengel vir diegene in nood.

Sy is met ’n hamer in haar meenthuis in die Bergmeent-kompleks in Raymond Mhlaba­straat vermoor.

Maar vir dié wat tant Rina aangeraak het, sal haar liefde altyd met hulle wees.

“Haar dood en die gruwel daaromheen, is nie wie sy was nie. Rina was altyd vrolik en aangenaam. Die eerste ding wat sy elke oggend gedoen het, was om te kyk watter bure sy kon help,” vertel Elna Pelser, ’n skoonsuster.

As afgetrede senior werknemer van Nedbank en toe SBV het sy soms motorwagte bygestaan net om mense te ontmoet.

Meestal het sy die geld uitgedeel onder karwagte wat dit nie breed het nie.

Sy het ook gereeld vir hulle kos gegee.

“Ek het haar Meerkat genoem. Sy was altyd aan die gang. Sy het omgegee vir almal en ’n rondstuurdiens bedryf om werkies te doen. Sy het mense sonder vervoer rondgery en inkopies vir hulle gedoen,” vertel Hennie Pelser.

Hy moes van Indonesië na Bloemfontein reis toe hy van sy skoonsuster se moord gehoor het.

Wit en swart kollegas en vriende het mekaar by haar troosdiens in die Gereformeerde kerk Bloemfontein-Noord bygestaan en rose op die vrou se kis te plaas, wat soos “’n hiperaktiewe kind” was om almal in nood by te staan.

Ds. Zak Scholtz het ’n troosboodskap uit Openbaring 21 voorgehou en gesê daar is vrede in die nuwe aarde en nuwe hemel.

Dit is waar tant Rina reeds is.

“Dáár is nie hartseer en pyn nie. Dis ’n wêreld van troos, liefde en vrede. Die wonderlike troos is al is Jesus op pad terug, weet ons verseker tant Rina is, omdat sy in Jesus Christus geglo het, reeds verlos van die kwaad en die bose.”

Die Here het met haar na die dood gestap, het hy gesê.

Ons troos vir geregtigheid lê in God self, Hy sal self oor al die dade oordeel. Die wraak kom die mens nie toe nie.

Die verdere uitdaging is Jesus se opdrag om vir jou vyand te bid.

“Ons moet bid dat God die haat en woede in mense se harte vernietig. Mense wat doelloos rondgaan en ander pyn aandoen.”

Kerneels West het deur die diens daaraan gedink dat sy met haar aanvaller moes spook soos hy met ’n plaasaanvaller wat hom drie jaar gelede vier keer op sy plaas Steynspan, Ottosdal, met ’n mes aangeval het.

Hy sluk aan die trane toe hy vertel dat hy al sy krag moes inspan om hom teen die grond vas te druk. Die vingers aan sy linkerhand was bykans afgesny.

“Ai, vandag maal dit weer deur my kop. Ek weet waardeur sy gegaan het.”

Tant Rina was sy vrou, Wilna, se peetma.

Vir Hetta Steyn, haar man, Louis, en hul kinders, Charmari (13) en Louis (11), was tant Rina, wat nie self kinders gehad het nie, soos ’n ma en ouma.

“Ek het haar Ouma genoem. Sy was baie, baie lief vir ons,” sê Charmari ná die diens.

“Sy was ’n pragtige mens en baie gemotiveerd. Sy was briljant in haar werk. Nou nog bel banke haar om hul boeke te balanseer,” sê Hetta.

Kollegas onthou haar ook as ’n omgee-mens en terggees.

Lilian Niemand sê sy was almal se ouma en ma. Wanneer jy ’n probleem het, selfs laataand, klim sy in haar motor en ry na jou.

Sonder vrae.

“Sy gee vir jou kos, al eet sy self nie. Sy was ’n engel, ’n moeder vir almal.”

    Haar man, Fanie, is op 27 April 2015 dood. Sy as is nog in die meenthuis. Die besluit waar hul as geplaas of gestrooi gaan word, sal later geneem word.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/laaste-eer-aan-bloemfontein-se-vermoorde-engel-20160415

https://facebook.com/story.php?story_fbid=1369367806423094&id=116298045063416

SR RINA HENDRIKSZ OORLEDE Ons maak verder met leedwese die afsterwe bekend van  sr Hendrina Jacoba Hendriksz van Bergmeent meenthuise in die ouderdom van 69½ jaar. 
 Sy is Sondagaand 3 April wreed vermoor.  
Sy het in November 2015 as weduwee vanaf GK Bloempark by ons aangesluit en is relatief onbekend by die meeste lidmate.  Sy het kinderloos gesterf en vriende het die troosdiens gereël wat DV e.k. Donderdag om 12:00 in ons kerkgebou gehou gaan word. 

ALSO READ:

#StopWhiteGenocideInSA