(Jwplayer)

April 4, 2016

#FarmMurder: UPDATE: TWO #FarmAttack 's within hours in Limpopo

Afrikaner farmer stabbed to death and 
a Afrikaner woman seriously injured in 
two separate farm attacks within hours
 in Limpopo...




2 plaasaanvalle binne enkele ure in Limpopo

'N Boer is dood en 'n vrou ernstig beseer in twee afsonderlike plaasaanvalle binne enkele ure in Limpopo.

Die polisie, wat misdaadbestrydingsgroep Heritage Protection Group (HPG) en buurtwagte van Groblersdal en Vaalwater was teen druktyd op soek na die verdagtes.

Kol. Ronél Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Henning Joubert (53) en sy vrou is omstreeks 12:00 oorval toe hulle van die dorp af kom.

Hulle is op 'n plaas in die Rooikraaldam-gebied, sowat 35 km van Groblersdal op die pad na Stoffberg in Mpumalanga, ingewag.

Volgens die Groblersdal-buurtwag was daar vyf aanvallers.

Joubert is etlike kere met 'n mes gesteek. Hy is in die plaashuis aan sy wonde dood.

Sy vrou is blykbaar ongedeerd. Dit is nie duidelik of iets gesteel is nie.

In die soektog na die aanvallers is 'n verdagte geskiet.

Otto sê dit is nie duidelik wie die man geskiet het nie. Hy is na 'n hospitaal gevat.

In 'n afsonderlike aanval in die Vaalwater-omgewing is Sarie van der Merwe (69) op die plaas Waterval geskiet.

Volgens Otto was Van der Merwe blykbaar alleen tuis. Die vermoede is dat 'n plaaswerker en 'n makker, wat 'n swart klapmus gedra het, Van der Merwe oorval het.Sy is gedwing om die kluis oop te maak voordat sy vasgebind is.

Otto sê Van der Merwe het haar losgewoel en toe die twee mans dit sien, was hulle woedend. Hulle het haar toe hoog in die regterbors met 'n .22-geweer geskiet.

Die aanvallers het met selfone, Van der Merwe se handsak, beursie en bankkaarte gevlug, volgens HPG na 'n bergagtige deel naby die plaas.

Van der Merwe is na 'n hospitaal in Pretoria gehaas. Haar toestand is bedenklik.

'N Polisiehelikopter en private helikopters is in die soektog na die verdagtes gebruik.

Die polisie ondersoek ook 'n voorval waarin 'n plaaseienaar en sy werker Vrydagoggend naby Cullinan aangeval is, berig Simvuyele Mageza.

Kapt. Marissa van der Merwe, polisiewoordvoerder, het bevestig 'n saak van gewapende roof word ondersoek.

Die slagoffers, wat te getraumatiseer is om oor die voorval te praat, is kort ná 08:00 op die plaas Boekenhoutskloofdrift aangeval en beroof.

" 'N Bende van vier mans het eers die werker vasgebind en hom op 'n kruiwa gesit. Hulle het hom in die bos gestoot voordat hulle die plaashuis in is, "het Van der Merwe gesê. Die eienaar is vasgebind en van sy vuurwapens is glo gesteel.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/2-plaasaanvalle-binne-enkele-ure-in-limpopo-20160401

#StopWhiteGenocideInSA