(Jwplayer)

April 5, 2016

#FarmMurder: UPDATE: Four black attackers were arrested in connection with the two separate farm attacks on Friday in Limpopo

 One suspect is a employee...
Farm attack: Afrikaner woman, Ciska Pienaar was attacked on the farm on Friday, tied up and forced to unlock the safe. She was shot with a .22 rifle in the chest and recovering in a hospital in Pretoria
Farm Attack + Farm Murder: Afrikaner couple, Henning Joubert (53) and his wife, Marlene, was attacked shortly after they arrived at the farm in the Rooikraaldam area on Friday. Henning was stabbed to death, his wife survived the attack


4 verdagtes vas weens twee plaasaanvalle in Limpopo

Vier verdagtes in twee afsonderlike plaasaanvalle Vrydag in Limpopo is agter tralies.

Twee is Vrydagnag in die Alma-gebied in hegtenis geneem nadat hulle glo Criska Pienaar (72) op 'n plaas in die Waterval-distrik buite Vaalwater oorval en geskiet het.

Lede van die Rankin's Pass-polisie en die Heritage Protection Group (HPG), 'n misdaadbestrydingsgroep, het hulle in 'n plakkerskamp in Alma in hegtenis geneem.

Volgens HPG was een van die mans glo 'n werker van Pienaar en haar man, Dick.

In die soektog na die twee mans is op 'n selfoon, bankkaarte en 'n pistool beslag gelê.

Pienaar is Vrydag op die plaas oorval, vasgebind en gedwing om 'n kluis oop te sluit.Sy is met 'n .22-geweer in die bors geskiet en sterk in 'n hospitaal in Pretoria aan.

Die twee verdagtes sal eersdaags in die Modimolle (Nylstroom) -landdroshof verskyn.

'N Tweede verdagte is ná 'n aanval Vrydag op 'n plaas buite Groblersdal in hegtenis geneem. 'N is ten tyde van die beweerde aanval geskiet en word in 'n plaaslike hospitaal onder polisiebewaking behandel, sê kol. Ronél Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo.

Henning Joubert (53) en sy vrou, Marlene, is Vrydag omstreeks 12:00 oorval toe hulle op die plaas in die Rooikraaldam-gebied, sowat 35 km buite Groblersdal, op pad na Stofberg in Mpumalanga, aangekom het.

Joubert is etlike kere met 'n mes gesteek en is dood.

Hy en sy vrou het op die plaas by familielede gaan kuier toe hulle aangeval is.

Buurtwaglede het in samewerking met die polisie spoorgesny en skoene met bloedspatsels daarop gekry voordat die tweede verdagtes in hegtenis geneem is.

Dit is onduidelik wanneer hulle in die hof sal verskyn.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/vier-verdagtes-vas-weens-twee-plaasaanvalle-in-limpopo-20160404

ALSO READ:
Afrikaner farmer stabbed to death and 
a Afrikaner woman seriously injured in 
two separate farm attacks within hours
 in Limpopo...

#StopWhiteGenocideInSA