(Jwplayer)

April 9, 2016

#FarmMurder: UPDATE: Black Zimbabwean gets life in prison for the murder of Afrikaner man, Jakes van Deventer

GENOCIDE VICTIMS: Jakes van Deventer (MURDERED)
Jakes van Deventer a father of Bela-Bela (Warmbaths) died last year after being attacked & stabbed 21 times with knives's & screwdrivers
&
Monique de Souza (SURVIVES) Van Deventer's fiance, her fingers were broken as she fiercely fought back against the five black attackers who threatened to rape her... 
#StopWhiteGenocideInSA

Van Deventer-aanvaller swaar gevonnis:
Een van die verdagtes wat verbind is met die moord op Jakes van Deventer van Bela-Bela, is op Donderdag, 24 Maart, in die Polokwane-hooggeregshof gevonnis.
Van Deventer en sy gesin is verlede jaar in hul huis op Roodepoort buite die dorp deur ’n groep mans aangeval terwyl hulle geslaap het. 
Lucky Ncube, ’n Zimbabwiër, is lewenslange tronkstraf vir Van Deventer se moord, 15 jaar vir gewapende roof en vyf jaar vir huisbraak opgelê. 
Ncube het alleen verskyn. Die ander verdagtes in die saak, Knowledge Matshesa, Themba Ncube, Edmore Munanga en Prince Javas Khuzwayo — almal Zimbabwiërs — word ook van moord en roof aangekla, maar ontken skuld. 
Dié beskuldigdes moet weer in Augustus in die hof verskyn.
Die hof het vroeër gehoor Van Deventer is die aand van die moord herhaaldelik met ’n mes en skroewedraaier gesteek. Monique de Souza, Van Deventer se verloofde, het een van die aanvallers afgeweer nadat hy haar na bewering wou verkrag. 
Haar een hand is tydens dié poging be-seer. 
Daar was vyf kinders tussen die ouderdom van vier maande en 15 jaar saam met Lynnette Louw, De Souza se ma, in die huis. 
Die hof het ook gehoor dat die beskuldigdes die land onwettige binnegekom en glo beamptes by die grenspos omgekoop het. 
Volgens kapt. Renier Schutte, ondersoek-beampte in die saak, word een van die mans met die reeks mesaanvalle verlede jaar op Bela-Bela verbind. 
Drie inwoners, Johan van der Merwe, Jaco Maritz en Charles Duggan, is in dié aanvalle beseer. 
Van die ander was glo ook betrokke by ’n bende wat sedert 2012 ’n skrikbewind op Brits en Rustenburg gevoer het en staan op dié sake tereg op klagtes van roof, diefstal, moord, opsetlike saakbeskadiging en huisbraak.
http://www.diepos.co.za/articles/crime/36262/2016-04-08/van-deventer-aanvaller-swaar-gevonnis
#StopWhiteGenocideInSA