(Jwplayer)

April 19, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Kleinfontein: Afrikaner family attacked by 6 armed black attackers at the farm gate on their way to church. One of the children was pistol-whipped over the head and seriously injured


Familie aangeval op pad kerk toe:
Die Burger-gesin en twee van hul skoolgaande kinders se vriende, is ongeveer 08:30 by die plaashek oorval.
“Toe die gesin by die hek stop, wou die hek nie oopmaak nie en die seun het uitgeklim om te kyk wat fout is. Drie gewapende mans het uit die bosse gespring en hom gegryp,” het Chris Degenaar, voorsitter van die  Krokodil- gemeenskapsbeskermingsgroep gesê.
Die familie is almal by die voertuig vasgebind en die rowers het hulle na die huis teruggeneem. Nog drie mans het hulle intussen by die rowers aangesluit.
“Al die rowers het maskers en handskoene gedra. Hulle het een van die kinders met ‘n vuurwapen teen die kop geslaan en gevra waar die kluis is. Hulle het die huis deursoek en drie
vuurwapens, selfone, kontant, skootrekenaars en iPads gebuit voor hulle met die gesin se Toyota Land Cruiser gevlug het,” het Degenaar gesê.
Die gesin het hulself bevry en hulp ontbied. Lede van die Krokodil-gemeenskapsbeskermingsgroep, die Heritage Protection Group, PPS Sekuriteit en die Kleinfontein Aksienetwerk was vinnig op die toneel en het begin spoorsny.
“Ons het op verskeie bewysstukke afgekom wat ons aan die polisie oorhandig het,” het Degenaar gesê.
Die Burgers se Land Cruiser is Dinsdag buite Brits teruggevind. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
http://kormorant.co.za/21254/familie-aangeval-op-pad-kerk-toe/
#StopWhiteGenocideInSA