(Jwplayer)

April 19, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Afrikaner woman, Bets Buitendag (72) came to her husband's rescue after he was attacked & shot by blacks on Warmbaths smallholding

Frederick was shot with a 9mm pistol in the right upper arm. The bullet had also caused significant damage to his intestines...


Aanvaller kies hasepad toe sy kom met wapen, sambok

'N Aanvaller het in sy spore omgedraai en weggehardloop toe hy 'n bejaarde vrou met 'n vuurwapen en 'n sambok sien aankom.

Bets Buitendag (72) van 'n kleinhoewe naby Bela-Bela het gehoor haar man, Frederick (69), skreeu en gedink daar is 'n slang. Sy het 'n vuurwapen en sambok gegryp en op haar pad buitentoe het hy geskreeu sy moet die deure sluit.

Een van die aanvallers het om die draai gekom en Bets met haar wapens gesien. Hy het omgedraai en saam met die ander gevlug.

Frederick is met 'n 9 mm-pistool in die regterboarm geskiet. Die koeël het ook skade aan sy ingewande aangerig.

Bets het die polisie, nooddienste en buurtwag ontbied, maar toe Frederick begin duiselig raak, het sy met hom na die Warmbad-hospitaal gejaag.

Haar seun Louis van der Berg sê sy stiefpa is by die hospitaal gestabiliseer voordat hy na 'n hospitaal in Pretoria geneem is. Daar is op sy Dun- en dikderm geopereer. Hy wou nie die naam van die hospitaal bekend maak nie, maar sê Frederick is aan die herstel. "Hy is gewoonlik onder verdowing vir pyn. Hy is nog nie heeltemal by sodat jy met hom kan gesels nie. "

Frederick se selfoon is gesteel.

Die polisie het nie teen druktyd op Beeld se versoek om kommentaar gereageer nie.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/aanvaller-kies-hasepad-toe-sy-kom-met-wapen-sambok-20160417

ALSO READ:

#StopWhiteGenocideInSA