(Jwplayer)

April 19, 2016

#ATTACK: Black attackers pointed gun at mother & children; hit mom with a gun in Centurion

#StopWhiteGenocideInSA

Terwyl die kinders agter haar beangs gegil het, het 'n vrou tussen hulle en die twee mans wat haar bussie by haar Naskoolsentrum in Centurion probeer kaap het, ingeskuif sodat hulle haar eerder as 'n kind sou skiet.

Die vrou, wat nie haar of die kinders se name genoem wil hê nie, sê sy het in haar Mercedes-Benz Vito-bussie by die sentrum by haar huis stilgehou. Sy woon sowat 2 km van die laerskool waar sy die kinders net ná skool opgelaai het.

"Ek het die hek met die afstandbeheerder oopgemaak en by die erf ingery. My ruit was oop.

"Die volgende oomblik was twee mans met swart klapmusse by my venster. Hulle het hul vuurwapens op my gerig en die bussie se deur probeer oopruk, maar dit was gelukkig gesluit, "sê sy.

"Ek het verskriklik gegil en toe begin die kinders ook skree."

Haar seun het by die huis uitgestorm, gesien wat aangaan en teruggehardloop om die noodknoppie te gaan druk.

"Een wou die bussie se sleutel uit die aansitter pluk, maar hy het die sleutel uitmekaargeruk. Hulle het my met die vuurwapen geslaan en geskree ek moet my ringe en selfoon vir hulle gee, "sê sy.

Toe die alarm begin loei en mense aangehardloop kom, het die mans met een van haar ringe en haar selfoon in 'n swart Audi gevlug.

Sy sê haar regterbeen is potblou geslaan, maar sy is net dankbaar geen kind is beseer nie.

Die kinders het almal Vrydag berading by die skool ontvang.

"Ek het nege jaar lank presies dieselfde roetine met die kinders gehad. Miskien moet ek my roetine nou 'n bietjie afwissel, "sê sy.

Ten spyte van duidelike vingerafdrukke aan die minibus het die polisie volgens die vrou steeds nie afdrukke daarvan gaan neem nie.

Kapt. Agnes Huma, polisiewoordvoerder van die Wierdabrug-polisiekantoor, het gister gesê die ondersoekbeampte kan nie bereik word nie.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/kinders-gil-toe-kapers-toeslaan-20160418

#StopWhiteGenocideInSA