(Jwplayer)

April 20, 2016

DOUBLE #FarmMurder: Afrikaner Son, father and father in law shot during a farm attacks; TWO DIE

Billy  van  Rooyen (37) and his father in law, Ronnie Lombard (62), died after they were attacked and shot by 12 black attackers. Billy's father, Lood van Rooyen (76), was also shot and is recovering in hospital


ʼn Familie  van Vryheid in KwaZulu-Natal is in rou gedompel nadat ʼn man, sy pa en sy skoonpa tydens ʼn plaasaanval geskiet en twee van hulle  in  die aanval gesterf het. Billy  van  Rooyen (37) en sy skoonpa, Ronnie Lombard (62), is dood nadat hulle deur 12 verdagtes oorval  en geskiet is.  Billy  se  pa,  Lood  van Rooyen (76), is ook geskiet en sterk tans in die hospitaal aan. Lt.  Nqobile  Gwala, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Volgens Gwala was die mans op die familie se plaas in die Swart Umfolozi-distrik, naby Gluckstadt buite  Vryheid,  toe  12 verdagtes omstreeks 20:30 die huis binnegekom het. Volgens Gwala bedryf die familie ʼn winkel op die plaas, maar hulle is glo in die huis oorval. Dit is nie duidelik  of  die  huis  en  die winkel langs mekaar geleë is nie. Die verdagtes het die drie mans glo geskiet  en  met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug. Gwala kon nie bevestig of daar nog mense in die  huis  was ten tyde van die voorval nie. Billy  is  na  ʼn  hospitaal  gehaas,  maar is op pad daarheen dood. Lombard is Woensdagoggend in die hospitaal  dood. Gwala het gesê ses mans is Dinsdagaand in die omgewing vasgetrek en deur die polisie ingeneem vir  ondervraging.  Hulle  is  egter  nog  nie  formeel aangekla nie, omdat hulle nie sonder twyfel met die  voorval  verbind  kan word nie. Twee sake van moord, poging tot moord en huisbraak word ondersoek.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/seun-pa-en-skoonpa-tydens-plaasaanval-geskiet-twee-sterf/

##StopWhiteGenocideInSA