(Jwplayer)

April 13, 2016

#ATTACK: Survives: Councilor's wife (73) attacked, assaulted & kidnapped at home in Penhill estate near Eersterivier

GENOCIDE VICTIMS: CouncillorBert van Dalen's wife was abducted by two black attackers and released in Driftsands this week
#StopWhiteGenocideInSA

73 Jarige vrou gekaap en ontvoer..

Die vrou van ’n plaaslike raadslid is vandeesweek deur twee aanvallers vlak voor haar huis in die stil en vreedsame Penhill-landgoed naby Eersterivier ontvoer toe haar motor gekaap is.
Die slagoffer, Maartje van Dalen, vrou van wyksraadslid Bert van Dalen, is na bewering deur haar twee aanvallers van ’n winkelsentrum in Kuilsrivier tot by haar huis in De Hulkweg, Penhill agtervolg, het Bert gister aan TygerBurger vertel.
Die voorval het Maandag omstreeks 11:50 plaasgevind.

“Ons is net baie bly sy het niks oorgekom nie.
“Dit gaan nou goed met haar. Ons was by die dokter, maar sy het gelukkig net kneusplekke opgedoen en darem nie erg seergekry nie,” sê hy verlig.
Bert sê egter sy vrou het geestelik redelike groot trauma ervaar.
“Sy is agtervolg vanaf die Zevenwacht-winkelsentrum. Toe sy uitklim om die hek toe te maak, staan daar twee mans agter haar.
“Sy is in haar kar geboender en die mans het met haar weggejaag tot in Driftsands,” sê Bert.

Maartje se kop is glo heelpad onderweg na die informele nedersetting langs die N2 na onder gehou – glo in ’n poging om te verhoed dat sy die mans identifiseer.
“Sy was voor op die passasiersitplek.”
In Driftsands naby Mfuleni is Maartje se hande en voete glo met kabels vasgebind en is sy deur die kapers ’n halfuur nadat sy ontvoer is, langs die pad tussen die riete uit die voertuig – ’n 1996 Toyota Corolla 1.3 – gegooi.
Gelukkig was daar werkers van die Stad Kaapstad naby die toneel wat op haar afgekom het, vertel Bert.
Die polisie is ontbied en daar is ’n soektog na die gesin se voertuig van stapel gestuur.

Die voertuig is langs die pad in Khayelitsa gekry.
Sy skoonseun, ’n verkeersbeampte, het die voertuig gekry met die voorste vensters oop en die sleutel in die kar.
Volgens Bert wou die aanvallers die voertuig verkoop het. Dis glo skoongemaak voordat dit verkoop sou word.
Die inkopies agterin die kattebak is egter verwyder.
“Ons vermoed hulle was net agter die kar aan. Sy (Maartje) het die sleutels van die huis by haar gehad, maar hulle wou glad nie in die huis kom nie.”

Die saak is by die polisie aangemeld.
Kapt. Florina Muller, woordvoerder van die Kleinvlei-polisie, het bevestig dat die 73-jarige Maartje agtervolg en gekaap is.
“Op pad terug na die hek is sy deur twee onbekende mans verras en met ’n mes gedreig wat die voertuig wou steel,” vertel sy.

Die polisie sê ’n derde verdagte het glo by die aanvallers in Driftsands aangesluit.
“Die slagoffer het opgemerk dat haar hande nie so styf vasgemaak is nie, en kon sy daarin slaag om die kabels af te kry en om hulp te skreeu,” sê die polisie.
Die polisie sê ’n verdagte is in hegtenis geneem.

Die aanvallers was albei netjies geklee – in denimbroeke en baadjies, sê dié wyk 14-leier. “Ons is net dankbaar dit was nie erger nie. Dis egter baie traumaties.
“Mens hoor elke dag daarvan, maar as dit met jou gebeur, raak dit diep aan jou gemoed,” sê Bert.
’n Predikant was by die gesin om te help met berading.
“Ons kry darem goeie ondersteuning,” sê Van Dalen wat tydens die vreesaanjaende voorval in ’n vergadering in Kaapstad was. Bert het kort ná middernag Dinsdag die gemeenskap van die voorval ingelig deur die nuus te deel op die Blackheath Communtiy Facebook-blad.
Sy vrou se handsak, identiteitsdokument, bestuurslisensie bankkaarte, selfoon en kontant is gesteel.
http://www.netwerk24.com/ZA/Tygerburger/raadslid-se-vrou-gekaap-20160412

#StopWhiteGenocideInSA