(Jwplayer)

March 15, 2016

#FarmMurder: UPDATE: Afrikaner man, Johann Le Roux attacked by 4 blacks & beaten to death with a piece of wood in his farm home, Rhenosterspruit, near Lanseria



Afrikaner man, Johann Le Roux op plaas oorval, doodgeslaan

ʼn Man van Rhenosterspruit, naby Lanseria, is Maandag wreed in sy  huis  met ʼn stuk hout doodgeslaan. 

Izak  Pieters,  voorsitter  van  die  plaaslike AfriForum-buurtwag,  het  aan  Maroela Media gesê Johan Le Roux is vermoedelik tussen 12:00 en 13:00 in sy huis op ʼn plaas in die bewaringsgebied deur vier verdagtes oorval  en vermoor. 
Sy vrou het glo op sy liggaam afgekom. 

Volgens Pieters het die aanvallers,  ʼn  vrou en drie mans, verskeie waardevolle items uit die huis gesteel  en met Le Roux se twee voertuie gevlug. Een van die voertuie is Dinsdagoggend glo verlate in Lenasia gevind. Die toegang na die bewaringsgebied word met ʼn valkhek beheer, maar enigiemand kan glo ingaan. Die polisie het na bewering reeds ʼn vermoede wie die aanvallers is en is besig om beeldmateriaal na te gaan om hul identiteit te bevestig. 

Volgens Pieters  is  drie  verdagtes  intussen in verband met die voorval in hegtenis geneem. Maroela Media het sedert Maandagaand probeer om inligting van die polisie te kry, maar wag steeds op kommentaar.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/man-op-plaas-oorval-doodgeslaan/

#StopWhiteGenocideInSA