(Jwplayer)

March 8, 2016

#ATTACK: UPDATE: Afrikaner youth, Xander van Zyl (18), was shot by black attackers over the weekend at his home in Boskruin

Genocide Victim: Xander van Zyl (18)
#StopWhiteGenocideInSA

Xander van Zyl (18), die jong man wat die naweek by sy ouerhuis in  Boskruin  deur ʼn aanvaller geskiet is, het die aanvaller eers met ʼn bofbalkolf  bygedam voordat hy geskiet is. 

“I  see  you.”  Dit  was die woorde wat Eurika van Zyl, Xander se ma, gehoor het kort voordat sy besef het daar is twee mans in hul huis.  

Volgens  Eurika  het haar seun Vrydagaand omstreeks 23:00 tuis  gekom. Ek het televisie  gekyk en my man, Johan, het reeds geslaap. Ek het vir Xander gevra of hy honger is en hy het gesê ja.” Toe Xander omdraai het hy die twee inbrekers gesien. Eurika  het geskree voor sy en Xander in die rigting van die slaapkamers gehardloop het. “Xander het  sy bofbalkolf  gegryp en ek het ʼn spies gegryp. My man kom toe uitgehardloop en ons sien toe hoe die rowers met pistole by die trappies opkom in ons rigting. My man sê toe ek moet hardloop.” Eurika  het na een van die kamers se vensters gegaan in ʼn poging om uit die huis te kom en hulp te ontbied.  

“Terwyl  ek op die vensterbank gesit het, het ek ʼn klapgeluid gehoor waarna die venster gebreek het. Ek het uitgespring en toe gryp een van die aanvallers my. Hy het dadelik my juwele begin afruk  en my mond toegedruk en gesê ‘don’t shout’.” 

Volgens Eurika het Xander intussen die ander aanvaller in die hoofslaapkamer met die bofbalkolf bygedam. Die aanvaller het op ons bed geval en toe staan hy op en skiet vir Xander. Dit is net ʼn wonderwerk dat hy hom nie in die kop geskiet het nie.” 

Xander is in sy maag naby sy blindederm getref.  Sy  blaas,  dikderm  en rektum is deur die koeël getref voor dit by sy boud uit is. Xander en sy ouers is hierna in die hoofslaapkamer vasgebind. “Xander is tussen my en Johan vasgebind.  

Daar is kussingslope  oor ons koppe getrek en ʼn kombers oor Johan gegooi en ʼn laken oor my en Xander. Ek het by hulle gepleit om gou te maak sodat ek my seun hospitaal toe kon vat, waarop hulle net heeltyd vir my gesê het ‘shut up’.” 

Johan het die aanvallers gevra om die kombers van sy kop af te haal aangesien hy nie kon asem kry nie, waarna hy deur die kombers met ʼn skroewedraaier in  sy kop gesteek is. 

Volgens Eurika was dit egter nie ernstig nie omdat die kombers die impak gekeer het. Eurika  het haarself  later  begin  loswikkel  en  gesien  die  aanvallers is weg. 

“Hulle het in my man se motor gevlug en het ons ander motors se sleutels saamgevat. Ek het ʼn ambulans probeer bel maar nie  antwoord gekry nie. 

Johan het Xander se sleutel in die motorhuis gevind en ons het met Xander in sy motor hospitaal toe gejaag.” Die aanvallers het ook met juwele, selfone, televisiestelle, kameras, skootrekenaars en ander huishoudelike items gevlug. Xander is in die Netcare Olivedale-hospitaal opgeneem. “Hy het vanoggend al ʼn bietjie geloop,” het  Eurika gesê. “Hy sal hopelik teen môre uit die intensiewe sorgeenheid na die hoësorgeenheid oorgeplaas  word. Hy herstel fisiek  baie goed.” 

Eurika  het gesê sy is dankbaar dat hul ander seun, Tiaan (27), nie die aand by die huis aangekom het  nie.  “Hulle  sou  hom trompop geskiet het. Daar was baie genade daardie aand. Dit voel nog steeds  onwerklik.  Dit  was die langste uur ooit. ʼn Mens vra hoekom gebeur dit en daar is ʼn mate van magteloosheid.  Die  Here het ons beskerm. Xander kon verlam gewees het.” Eurika  het almal vir hul ondersteuning bedank. “Die Honeydew-polisie en die personeel van die hospitaal  is  ongelooflik.  Mense  het  van  oral gehelp en gebid. Ons kan nie sê hoeveel ons dit waardeer nie.” Volgens Eurika behoort Xander volkome te herstel. “Hy moet oor drie maande regstellende chirurgie  ondergaan  en dan sal ons die volle omvang kan behaal.” Die polisie  het  aanvanklik  Saterdag  aangedui dat ʼn jong man doodgeskiet is tydens ʼn rooftog in Randparkrif.  ʼn  Ander polisiewoordvoerder het later bevestig die voorval het in Boskruin plaasgevind  en dat die jong man nie dood is nie, maar in die hospitaal aansterk.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/daar-was-baie-genade-daardie-aand/

#StopWhiteGenocideInSA