(Jwplayer)

March 4, 2016

#ATTACK: UPDATE: Afrikaner man, Jacques Smith was nearly killed after a hate crime attack in Phokeng, on Sunday night

Jacques Smith says he is still waiting for answers from the police in Phokeng
AFRIKANER GENOCIDE VICTIM: Jacques Smith (26)

#StopWhiteGenocideInSA

Elke dag ’n bietjie beter vir Rustenburg-aanval slagoffer

File_0031_79624
Jacques Smith, die 26-jarige Rooihuiskraal-inwoner wat Sondagaand byna doodgeslaan is tydens ’n rooftog in Phokeng, sê hy sterk elke dag aan.

“Ek is al weer aan die werk, maar het nog baie pyn. Ek is ’n elektriese kontrakteur en werk vir myself. Ek kan ongelukkig nie stilsit nie,” sê Smith.

Smith was Sondagaand van Sun City af na Kemptonpark onderweg via Phokeng toe hy by ’n stopstraat stilgehou het.

“Toe ek weer sien, hardloop vyf of ses ouens na my bakkie toe en ruk my uit,” vertel Smith.

“Hulle het my verskriklik hard met ’n sambok geslaan en my geskop.”

Die aanval is deur die polisie stopgesit.

Die bende beweer toe dat Smith hul beeste wou steel.

“Die polisie het net by hulle ’n verklaring geneem en hulle laat gaan. Ek het toe aangedring dat hulle my stasie toe neem sodat ek kon wegkom,” vertel Smith.

Smith se pa Willy het hom by die polisiekantoor gaan haal en Linmed-hospitaal toe gehaas. Sy neus is gebreek en hy het verskeie snymerke regoor sy lyf opgedoen.

“Toe ons op pad hospitaal toe was, het ek agtergekom dat die ouens ook R2 000 wat in my beursie was, gesteel het,” vertel Smith.

Smith is die volgende aand ontslaan.

“Ek is intussen al huis toe, maar het nog niks van die polisie gehoor nie. Ek het ongelukkig nie veel vertroue dat hulle die mans weer gaan vastrek nie.”
http://rekordmoot.co.za/66896/elke-dag-n-bietjie-beter-vir-rustenburg-aanval-slagoffer/

#StopWhiteGenocideInSA