(Jwplayer)

February 24, 2016

#ATTACK: Survived: Afrikaner female cyclists were ambushed by 4 black attackers who swung a machete at one of them on the Witfontein Road


GEORGE NUUS - Twee vroue is vanoggend tussen 05:00 en 05:30 op die Witfonteinpad deur vier rowers voorgekeer en beroof. Een van die vroue is van haar bergfiets gestamp en haar selfoon is afgevat.

Heidi Venter (45) van George, sê sy ry al vir jare fiets en ry gereeld in die oggende omstreeks 05:00 op dié pragtige roete. Sy en 'n vriendin (44), sou mekaar daar ontmoet, maar sy aangeneem haar vriendin het verslaap toe sy nie opdaag nie en het solank aangery. Kort nadat sy weggetrek het, het vier mans haar verras en met 'n panga na haar geswaai.

"Ek het my boeglam geskrik toe die vier mans, waarvan een 'n panga gehad het, uit die bosse spring. Ek het begin trap en nie een keer teruggekyk nie. Op 'n stadium was die een met die panga amper langs my, maar ek het net aanhou trap. Naby die steengroef was die mans nie meer agter my nie en het ek by die tweede hek stilgehou en om hulp geroep. Die sekerheidswag het toe na my toe gekom."

Venter het vandaar oproepe begin maak om haar vriendin van die voorval in kennis te stel en haar te waarsku, maar kon haar nie op haar selfoon in die hande kry nie. Haar boodskap het via vriende by haar vriendin uitgekom, maar sy was reeds op die roete.

Venter se vriendin, wat ook al vir jare fietsry, is met die terugdraaislag op dieselfde plek van haar fiets gestamp. Die rowers het haar selfoon en waterbottel gegryp en te voet weggehardloop.

"Ek wil mense waarsku om versigtig te wees, maar nie vrees te hê nie. Ek en my vriendin is baie gelukkig dat ons nie seergekry het nie, en daarvoor dank ek die Here. Ek voel egter ook dat fietsry in die streek vir my sielskos is en gaan ek nie toelaat dat die booswigte my daarvan weerhou nie," sê Venter.

Lt. A Mothoala van die George-polisie sê hulle ondersoek die voorval.

Hierdie voorval is een van verskeie rooftogte wat al op dié roete plaasgevind het. Verlede jaar is twee mans, Lionel Tieties (29) en Elliah Claassen (24), 15 jaar gevangenisstraf elk, waarvan vyf jaar vir vier jaar opgeskort is, opgelê vir roof met verswarende omstandighede. Hulle het in Januarie 2015 in bosse weggekruip en twee vroue wat ook gaan fietsry het, op die roete aangeval en beroof.

http://www.georgeherald.com/news/News/General/158494/Fietsryers-by-Witfontein-voorgele-beroof

#StopWhiteGenocideInSA