(Jwplayer)

January 5, 2016

#MURDER: Former Afrikaner navy captain found killed at home in Fish Hoek



#StopWhiteGenocideInSA

Oud-vlootkaptein in Vishoek vermoor
Vriende en kollegas van ’n geliefde oud-vlootkaptein van die Moederstad kon Dinsdag steeds nie sin maak van sy moord kort voor Nuwejaarsdag nie.

“Hy was die beste mens wat ek geken het,” het ’n bedroefde Arnè Söderlund, afgetrede skout-admiraal in die vloot, aan Netwerk24 oor die dood van sy vriend en oudkollega, Francois Hugo (64), gesê.

Hugo is verlede Vrydag omstreeks 18:30 dood in sy huis in Vishoek aangetref.
Volgens lt.kol. Andrè Traut, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, vermoed die owerhede dat hy sowat drie dae vantevore in sy huis oorval en vermoor is.

“Die aanvallers het met sy Silwer Honda-sportnutsvoertuig (registrasienommer CA 373 952) en ander persoonlike besittings van die toneel gevlug,” het Traut gesê.
Niemand is nog in verband met die moord aangekeer nie.
Hugo se motor is ook nog nie gevind nie.

Hugo het in sy leeftyd onder meer as bevelvoerder op die Suid-Afrikaanse vloot se aanvalskepe gewerk, en was ook ’n toegewyde en betroubare stafoffisier.
Benewens sy tyd by die Amerikaanse weermag se oorlogskollege, was Hugo ook vir nagenoeg tien jaar ’n direkteur by die Instituut vir Maritieme Tegnologie (IMT).
Sy vriende en oudkollegas het hom as betroubaar, intelligent, ’n fantastiese bevelvoerder in die vloot en ’n ware vriend beskryf.

“Hy was regtig baie, baie intelligent en almal het van hom gehou,” het kapt. Preston Barnard, ’n oudkollega, gesê.
Hugo word deur sy seun, Charl, en sy dogter, Anin, oorleef.
’n Gedenkdiens sal Woensdag om 11:00 in die Simonstad Skeepswerf-kerk gehou word.

Verversings word na afloop van die diens by die Seven Seas-klub aangebied.
Deur Samantha van den Berg 05 Januarie 2016 14:47

http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/oud-vlootkaptein-in-vishoek-vermoor-20160105

#StopWhiteGenocideInSA