(Jwplayer)

January 30, 2016

#FarmMurder: UPDATE: 2 Terrorists arrested in Bloemfontein last night re murder/attempted murder of Afrikaner farmer & wife at Gouda farm, Rouxville

#StopWhiteGenocideInSA


Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die aanval en moord op dr. Bennie Cilliers en sy vrou Cecilia. Ons innige simpatie met die familie.
Berig deur Nico Strydom. Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die aanval en moord op dr. Bennie Cilliers en sy vrou, Cecilia. Cilliers is koelbloedig op sy plaas in die Rouxville-omgewing in die Vrystaat vermoor. Hy is in die kop en bors geskiet. Cecilia is in die kop geskiet en in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem. Die egpaar se hande en voete was vasgebind. Sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar se wit Toyota Hilux-bakkie, wat na die aanval gesteel is, is Vrydagmiddag omstreeks 16:00 by ʼn taxistaanplek in Bloemfontein gevind. “Twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 42 jaar oud, is omstreeks 22:00 Vrydagaand in Bloemfontein in hegtenis geneem.” Volgens Ngcukana is ʼn kamera, skootrekenaar en brandewyn, wat vermoedelik tydens die aanval gesteel is, in die verdagtes se besit gevind. Ngcukana het gesê die Valke het met die ondersoek gehelp en sal ná die verdagtes se hofverskyning die saak oorneem. Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Mediclinic Bloemfontein, het gesê Cecilia is steeds in ʼn kritieke toestand in die intensiewe sorgeenheid. “Sy is aan ʼn ventilator gekoppel. Sy het benewens die skietwond ook veelvuldige ander beserings opgedoen.” Cilliers was ʼn bekende algemene praktisyn in die Rouxville- en Smithfield-omgewing. Die egpaar het vier kinders en talle kleinkinders. Lize Pienaar, een van die egpaar se dogters, het op Facebook geskryf: “Sjoe wat ʼn dag! Pappa ons gaan jou so baie mis. Dit is so onnodig wat met jou gebeur het! Jy en ma was die beste voorbeeld ooit van ʼn gelukkige huwelik. Ek glo en bid dat ma ten volle herstel.”
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/rouxville-plaasmoord-twee-vas/

#StopWhiteGenocideInSA