(Jwplayer)

January 8, 2016

#FarmAttack: Four farmers jailed & denied bail after two black attackers died after a elderly farmer was critically wounded in a farm attack in Parys

#StopWhiteGenocideInSA

 Vier  boere is in Parys in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat twee vermeende plaasaanvallers dood is. ʼn Betroubare bron het aan Maroela Media gesê ʼn bejaarde man is Woensdagmiddag laat op sy plaas buite Parys aangeval. Die boer is  glo  met ʼn pistool teen die kop geslaan en het snywonde opgedoen. Die boer kon tydens ʼn stoeiery daarin slaag om ʼn paniekknoppie te druk waarna die aanvallers  met leë  hande gevlug het. 

Die plaaslike  veiligheidsstrukture  is  kort  na  die  voorval  in  kennis  gestel.  Die  verdagtes  het  glo  deur ʼn koringland hardloop in die rigting  van die N1. Die boere kon glo daarin slaag om die verdagtes vas  te trek. Die polisie  het  glo  later  hierna  op  die toneel opgedaag en die twee verdagtes vir mediese behandeling  geneem. Die een verdagte is na verneem word dieselfde aand in ʼn hospitaal in Parys oorlede.  Die  ander verdagte is glo Donderdagoggend in ʼn hospitaal in Bloemfontein dood. Volgens die bron is die vier boere Donderdagmiddag in hegtenis geneem op aanklag van moord. Hulle  het Vrydagoggend in die Parys-landdroshof verskyn. Hul borgaansoek is tot Dinsdag uitgestel  vir  verdere  ondersoek  en hulle  bly in aanhouding. Konst.  Mosili  Ntsika,  ʼn  woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, het aan Maroela Media gesê sy  is  bewus van die voorval, maar die Valke hanteer die saak verder. Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, kon egter geen verdere besonderhede oor die voorval verskaf nie, aangesien  hulle  dit  nog nie van die polisie af ontvang het nie.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/vier-boere-vas-na-verdagtes-sterf/

#StopWhiteGenocideInSA