(Jwplayer)

January 1, 2016

#FarmAttack: Black security guard caught for armed robbery & recent Limpopo Alldays farm attack


#StopWhiteGenocideInSA

Swart aanvaller ook glo deel van Limpopo-plaasaanval

ʼn 27-jarige swart misdadiger wat die afgelope naweek vir gewapende roof in hegtenis  geneem is, is vermoedelik dieselfde  verdagte wat Woensdag ʼn boer op sy plaas in die Saamboubrug-gebied naby Alldays  in  Limpopo oorval het. 

 Kol.  Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Martin Baloyi was glo deel van ʼn groep van vier  verdagtes  wat vyf rylopers die naweek ʼn saamrygeleentheid aangebied het. Die verdagtes het skielik  stilgehou  en  die  vyf  rylopers  van  hul  selfone,  kontant  en  ander besittings  beroof voordat hulle  langs  die  pad agtergelaat  is. “Die  polisie  het  kort  daarna die verdagtes se voertuig in die omgewing gesien en hulle gedwing om stil  te  hou.  Die  voertuig  het  stilgehou,  maar  drie  van die verdagtes kon daarin slaag om te voet te vlug.  Baloyi,  wat  as  ʼn veiligheidswag  in  Soshanguve werk, is egter in hegtenis geneem. Altesaam 21 gesteelde  selfone  en  ander gesteelde items is in die motor gevind,” het Otto gesê. 

Dit  het later  aan die lig  gekom Baloyi was vermoedelik deel van ʼn groep wat op 23 Desember ʼn 63jarige  boer  op sy plaas in die gebied oorval, aangerand en met ʼn mes gesteek het. Die verdagtes het  die boer van sy selfoon beroof en in sy Ford Ranger-bakkie gevlug. Die bakkie is later verlate en uitgebrand naby Musina gevind. 

Baloyi  het  Maandag in die landdroshof in Louis Trichardt verskyn op aanklagte van huisbraak, gewapende roof en voertuigdiefstal. Hy sal in polisieaanhouding bly tot sy volgende hofverskyning op 15 Januarie.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/rower-ook-glo-deel-van-limpopo-plaasaanval/

#StopWhiteGenocideInSA