(Jwplayer)

January 14, 2016

#ATTACK: An elderly disabled woman with poor eyesight was attacked & raped for more than 5 hours by a gang of blacks at home in Pietersburg

#StopWhiteGenocideInSA

BEJAARDE VERKRAG
‘n Bejaarde gestremde vrou met beperkte sig se trauma na ‘n verkragtingsaanval het vir ure voortgesleep voordat sy uiteindelik ‘n motoris kon voorkeer om hulp te ontbied.
Die vrou is in haar huis in Eduanpark in die oggendure van gister (Woensdag) aangeval. Volgens inligting is sy in die hospitaal opgeneem.
Die voorval waartydens meer as een aanvaller vermoedelik toegang tot haar huis verkry en haar na bewering beroof en verkrag het, het glo omstreeks 01:00 plaasgevind. Die slagoffer, wat luidens berigte alleen woon, kon egter eers om 05:40 daarin slaag om ‘n verbygaande motoris op pad gimnasium toe in die straat voor te keer met die versoek om Edwel-gemeenskapsforum te kontak, vertel forum-woordvoerder, Antuanette Pretorius.
Aangesien die slagoffer se selfoon tydens die voorval gesteel is, kon sy nie self die forum kontak nie, maar het wel ‘n besigheidskaartjie met die forum se noodnommers daarop aan die persoon wat haar te hulp gesnel het, getoon. Die gemeenskapsforum is ontbied en ‘n saak is by die polisie aanhangig gemaak. Volgens Pretorius word ‘n kriminele saak ondersoek.
‘n Ruit is stukkend geslaan waardeur die inbrekers toegang tot die huis gekry het en ‘n makker het vermoedelik buite waggehou.
Teen druktyd kon die polisie egter nog nie die saak bevestig nie, maar die huis waar die voorval plaasgevind het, was afgesper.
Pretorius het benadruk dat gemeen-skapslede by die forum moet aansluit en aktief betrokke by hulle inisiatiewe moet wees om in noodgevalle hulp te kan ontbied. Lede in besit van tweerigtingradio’s met direkte toegang tot die forum se noodlyn is verseker van blitsvinnige optrede in noodsituasies, het sy ten slotte genoem.
Mense word gemaan om nie alleenlik op selfone staat te maak om hulp te ontbied nie, omdat dit dikwels eerste van slagoffers gesteel word.

Foto: Polisie op die toneel van die huis in Eduanpark besig met ondersoekwerk na die voorval.
http://www.observer.co.za/bejaarde-verkrag

#StopWhiteGenocideInSA