(Jwplayer)

December 3, 2015

#MISSING: fears for Koeberg mother & her children's lives: Last seen in Moreletapark on Wednesday





Ma, drie kinders verdwyn saam

Die familie  van ʼn Pretoria-ma is rasend van bekommernis oor haar en haar drie kinders se veiligheid nadat hulle Woensdag spoorloos  verdwyn het. Hulle vra die publiek om hulle sover moontlik  te help met die opsporing.

André Putter, ʼn privaat speurder wat aangestel is om na haar te soek,  het  Donderdag aan Maroela Media gesê die ma, Jenna Koeberg (31), en haar drie kinders, Julio  (12),  Hannah (10) en Gabriella  (4),  is  Woensdag  vir  die  laaste  keer omstreeks 09:00 in Moreletapark in die ooste van die stad gesien. 

“Sy  is  die  bestuurder van ʼn plaaslike pizza-restaurant  wat aan haar man, Sean (31), behoort. Hulle is die laaste keer glo deur Jenna se persoonlike assistent gesien.  Daar  word vermoed dat sy haar assistent gevra het om hulle langs die pad af te laai,” het Putter  gesê. Putter  het gesê die familie vrees vir haar en die kinders se veiligheid. “Sy het nie haar motor, beursie,  selfoon  of  bankkaarte  by haar nie. Die moontlikheid bestaan wel dat sy kontant by haar gehad het.” Sean het haar en die kinders Woensdag as vermis aangemeld by die Garsfontein-polisiestasie. Putter  het ʼn beroep op die publiek gedoen om inligting oor die saak te versprei, of na vore te kom as  hulle  weet waar Jenna en haar kinders hulle moontlik bevind. Bel Putter by 084 485 6448.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/ma-drie-kinders-verdwyn-saam/

#StopWhiteGenocideInSA